Los­ska­kel nou swak ska­kel

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Waar gaan die S­tor­mers ’n los­ska­kel vind vir hul vol­gen­de Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Blu­es op 19 A­pril?

Dis die groot vraag na­dat daar Maan­dag­og­gend aan­ge­kon­dig is dat Ro­bert du P­reez ’n bors­spier ge­skeur het in die af­ge­lo­pe na­week se ne­der­laag van 22-41 teen die Hur­ri­ca­nes in Wel­ling­ton. Hy gaan nou by ’n spe­si­a­lis aan­klop om te hoor of ’n o­pe­ra­sie no­dig is.

Daar­mee saam is daar steeds on­se­ker­heid oor wan­neer Je­anLuc du P­les­sis weer be­skik­baar sal wees.

Op 14 Maart is aan­ge­kon­dig dat hy tus­sen vier en ses we­ke bui­te ak­sie sal wees met ’n lies­be­se­ring, maar by­na twee maan­de la­ter is daar nie ’n vas­ge­stel­de da­tum vir sy te­rug­keer nie.

Du P­les­sis word “week ná week” on­der­soek om sy fiks­heid te be­paal.

Om sa­ke te ver­er­ger het Kurt Co­le­man in ’n oe­fen­ses­sie in Nieu-See­land ’n en­kel­li­ga­ment ge­skeur. En dan is Da­mi­an Wil­lem­se in die Suid-A­fri­kaan­se o.20-groep in­ge­sluit.

Die vol­gen­de nr. 10 in die ry is waar­skyn­lik die voor­ma­li­ge Jong Bok­kie Brandon T­hom­son, ter­wyl daar ook ’n “kre­a­tie­we” o­plos­sing ge­soek kan word deur vir Dil­lyn Leyds as los­ska­kel op die proef te stel.

Leyds het vroe­ër in sy loop­baan dan en wan los­ska­kel ge­speel, maar dit sal ’n groot waag­stuk wees om op hier­die vlak sul­ke plan­ne te be­raam.

Die ver­ko­se roe­te vir die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, sal waar­skyn­lik wees om by die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie se di­rek­teur van rug­by, Gert S­mal, te gaan aan­klop om te ver­soek dat hy ie­wers ’n er­va­re los­ska­kel vind.

Die ge­leent­heid is nou daar om die S­tor­mers se veld­tog weer op koers te kry en die bes­te ma­nier om dit te doen, is om ’n be­proef­de s­pe­ler ie­wers te vind.

Ter­self­der­tyd stuur dit ’n ne­ga­tie­we bood­skap aan spe­lers in die stel­sel, soos T­hom­son en die Ma­tie-ge­ne­raal Ernst S­ta­pel­berg.

Daar is da­rem ook ’n sar­sie goeie nuus. Die S­pring­bok-bin­ne­sen­ter Da­mi­an de Al­len­de en die vleu­el Se­a­be­lo Se­nat­la oe­fen van van­dees­week af weer vol­uit.

Hul­le was on­der­skei­de­lik weens ’n en­kel- en voet­be­se­ring bui­te ak­sie. F­leck sal dus in die po­si­sie wees om in De Al­len­de en Ju­an de Jongh ’n S­pring­bok­sen­ter­paar te kan kies vir die wed­stryd teen die Blu­es.

By­ge­sê sal ’n mens graag wil sien dat spe­lers stel­sel­ma­tig te­rug­keer van be­se­rings wat hul­le vir lank uit die spel ge­hou het. Maar er­va­ring soos dié sal as kos­baar ge­re­ken word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.