Vrees? Wat’s dit, vra Saul voor groot Ve­gas­ge­veg

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Bok­sen­toe­si­as­te, skryf hier­die da­tum neer: 16 Sep­tem­ber!

Moe­nie die uit­roep­te­ken ná die da­tum ver­geet nie, want op dié dag pak Saul (Ca­ne­lo) Al­va­rez van Mex­i­ko en Gen­na­dy Go­lo­vkin van Ka­zak­stan me­kaar in Las Ve­gas.

Go­lo­vkin se mid­del­ge­wig­ti­tels van die Wê­reld­boks­raad (WBR), Wê­reld­boks­ver­e­ni­ging (WBV), In­ter­na­si­o­na­le Boksfe­de­ra­sie (IBF) en In­ter­na­si­o­na­le Boks­or­ga­ni­sa­sie (IBO) is op die spel.

Dit is ’n ge­veg waar­op die boks­wê­reld al lank wag, en die kans dat dit so ver­ve­lig sal wees soos Al­va­rez se se­ge Sa­ter­dag­aand in Las Ve­gas oor Ju­lio Ce­zar C­ha­vez jr. is skraal.

C­ha­vez was voor die tyd groot­mond, maar hy was om­trent net ’n slaan­sak vir Al­va­rez, wat mak­lik met pun­te ge­wen het.

Net ná die ge­veg is Go­lo­vkin kryt toe ge­roep en is die aan­kon­di­ging ge­maak dat hy en Al­va­rez me­kaar gaan pak.

“Ek dink hier kom groot dra­ma,” het Go­lo­vkin droog­weg voor­spel.

Toe Al­va­rez ge­vra is of hy skrik­ke­rig is om Go­lo­vkin aan te durf, het hy kwaai stoom af­ge­blaas.

“Se­dert ek een jaar oud was, ken ek geen vrees nie,” het hy in sy ef­fe skril stem uit­ba­suin.

■ Die swaar­ge­wig­bok­ser Jo­seph Par­ker se vol­gen­de ge­veg sal lui­dens be­rig­te uit Nieu-See­land in B­rit­tan­je plaas­vind.

Dit kom na­dat Par­ker sy Wê­reld­boks­or­ga­ni­sa­sie (WBO)-ti­tel Sa­ter­dag suk­ses­vol in Ma­nu­kau teen Ra­z­van Co­ja­nu van Roe­me­nië ver­de­dig het.

Par­ker was nie op sy bes­te nie, maar het steeds be­trek­lik mak­lik met pun­te ge­wen. Co­ja­nu het hom eg­ter by tye lomp laat lyk.

“As jy in die kryt lag en praat, be­te­ken dit jy het seer­ge­kry,” het Par­ker kort na die ge­veg oor sy teen­stan­der aan stuff.nz ge­sê.

■ A­zin­ga Fu­zi­le het in­tus­sen sy Suid-A­fri­kaan­se veer­ge­wig­ti­tel die af­ge­lo­pe Vry­dag­aand suk­ses­vol in Oos-Lon­den ver­de­dig deur Syd­ney Ma­lu­le­ke met pun­te te ver­slaan.

Saul (Ca­ne­lo) Al­va­rez

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.