Sim­bi­ne snel voort

Bes­te tyd word el­ke jaar be­ter

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Suid-A­fri­ka se sen­sa­si­o­ne­le kort­af­stand-blits­at­leet, Akani Sim­bi­ne, draai nie som­mer sy rug op uit­da­gings nie.

En die 23-ja­ri­ge Sim­bi­ne skroom ook nie om Suid-A­fri­ka se re­kord­boe­ke te her­skryf nie.

Sim­bi­ne het Vry­dag in Ka­tar die eer­ste Suid-A­fri­ka­ner ooit ge­word wat die 100 m by ’n Di­a­mant­li­ga-by­een­koms kon wen.

Op die aand moes gro­tes soos die O­lim­pie­se sil­wer­me­dal­je­wen­ner Jus­tin Gat­lin, die be­kroon­de As­a­fa Po­well van Ja­mai­ka en And­re de Gras­se van Ka­na­da voor hom die knie buig.

Dit is noe­mens­waar­dig dat die mees­te van dié b­lit­se voor Vry­dag net aan die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) se wê­reld­af­los­by­een­koms in die Ba­ha­mas deel­ge­neem het, en Vry­dag hul eer­ste in­di­vi­du­e­le kom­pe­ti­sie ge­had het.

Sim­bi­ne, daar­en­teen, hard­loop al se­dert Fe­bru­a­rie die baan aan die brand in plaas­li­ke by­een­koms­te.

Dit neem steeds niks weg van die berg wat hy in Doha ge­klim het nie.

Wer­ner Prins­loo, Sim­bi­ne se af­rig­ter, glo 2012 het die weg ge­baan vir die at­leet. Hy was des­tyds steeds ’n ju­ni­or at­leet, maar het die ju­ni­or re­kord in die 100 m tot 10.19 sek. ver­be­ter. Se­dert­dien het hy in 2014 (10.02), 2015 (9.97) en 2016 (9.89) el­ke jaar op sy vin­nig­ste tyd ver­be­ter.

“Toe Akani daar­die 10.19 ge­hard­loop het, het dit my le­we as af­rig­ter ver­an­der,” sê Prins­loo. “Dit was nie net oor die tyd wat hy ge­hard­loop het nie, maar ook oor die aan­loop tot die wed­loop. Ek het be­sef dat hy nie sterk ge­noeg is om ’n na­el­lo­per te wees nie, so ek het sy pro­gram aan­ge­pas om meer krag­oe­fe­nin­ge in te sluit.”

Dié pro­gram is vir drie maan­de ge­volg voor­dat hy die na­si­o­na­le ju­ni­or re­kord op­ge­stel het.

“Dit was ’n be­dui­den­de ver­be­te­ring van sy vo­ri­ge bes­te tyd van 10.49 sek.”

Sim­bi­ne het van­jaar die eer­ste Suid-A­fri­ka­ner ge­word wat op die­self­de dag die 100 m in on­der 10 sek. kon kaf­draf én die 200 m in on­der 20 sek. ge­na­el het.

Hy hou die Suid-A­fri­kaan­se re­kord in die 100 m met

9.89 sek. en sy on­der­steu­ners mag maar droom dat hy in Au­gus­tus met ’n me­dal­je huis toe kan kom ná die IAAF-wê­reld­kam­pi­oen­skap in Lon­den.

Vol­gens Prins­loo het die bloot­stel­ling wat Sim­bi­ne in 2013 op die in­ter­na­si­o­na­le ver­hoog ge­kry het, ook tot sy ont­wik­ke­ling by­ge­dra.

“Van­dat hy op in­ter­na­si­o­na­le vlak be­gin deel­neem het, het hy ’n stu­dent van na­el­lo­pe ge­word en be­gin leer van an­der at­le­te,” sê Prins­loo. “Ek sê al­tyd oe­fe­ning is oe­fe­ning, maar vir ’n at­leet om suk­ses­vol te wees moet hy leer hoe om te hard­loop. Dit het in 2013 vir Akani be­gin ge­beur.”

In 2017 het die Tuk­kie reeds 9.92 sek. in die 100 m be­haal en 19.95 in die 200 m, maar Prins­loo glo dat laas­ge­noem­de ver­al nog heel­wat werk no­dig het.

“Ek het by die SA kam­pi­oen­skap­pe be­sef dat ons nog aan Akani se uit­hou­ver­moë moet werk so­dat hy kon­stant goeie tye in die 200 m kan hard­loop.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.