Am­la se kolf doen wéér die praat­werk

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Hashim Am­la het skyn­baar net be­tyds sy bes­te peil her­win om die Pro­te­as by­ko­men­de hoop te gee voor ’n be­lang­ri­ke win­ter.

Nie net is die be­baar­de top­kol­wer ’n sleu­tel­spe­ler in die Pro­te­as se een­dag­span nie, maar sy kolf­werk op nr. 3 in die Pro­te­as se toets­span kan deur­slag­ge­wend wees in die toets­reeks teen En­ge­land in Ju­lie en Au­gus­tus.

Am­la se suk­ses sal die Pro­te­as se kan­se om hul lang droog­te in toer­nooie van die In­ter­na­si­o­na­le K­rie­ket­raad te breek, dra­ma­ties ver­be­ter.

Am­la het Son­dag sy twee­de hon­derd­tal in van­jaar se In­die­se P­re­mier­liga be­haal toe hy 104 van net 60 bal­le (8x4, 5x6) Hashim Am­la

ge­mo­ker het in die Kings XI Pun­jab se ne­der­laag teen die Gu­ja­rat Li­ons in Mo­ha­li.

Am­la het tot dus­ver ’n uit­ste­ken­de reeks en is vier­de op die lys van die groot­ste lo­pie­vra­te in die IPL, al het hy min­der kolf­beur­te as die spe­lers bo hom op die lys aan­ge­te­ken.

Hy het tot dus­ver 420 lo­pies in 10 beur­te in­ge­sa­mel. Die Aus­sie-kolf­ka­non Da­vid War­ner is eer­ste met 529 lo­pies ná 11 beur­te.

Dit is ’n groot om­me­keer vir dié Suid-A­fri­kaan­se kol­wer, wat nie ’n aan­bod ge­kry het ty­dens die IPL-vei­ling in Fe­bru­a­rie nie. Dit was slegs toe die Ki­wi Mar­tin Gup­till met ’n be­se­ring uit die groot­ste ge­deel­te van die reeks moes ont­trek, dat Am­la sy kans ge­kry het.

Dit volg op ’n te­leur­stel­len­de sei­soen vir die voor­ma­li­ge Suid-A­fri­kaan­se kap­tein. Hy het ’n on­der­ge­mid­del­de toets­reeks in Aus­tra­lië be­leef, waar hy ver­al ’n slag­of­fer van die naat­bou­ler Josh Ha­z­le­wood was.

Ha­z­le­wood het Am­la in al vyf beur­te van die toets­reeks uit­ge­kry en het skyn­baar ’n fout in die kol­wer se mon­de­ring net bui­te die weg­pen ont­dek.

Am­la het wel ’n hon­derd­tal teen Sri Lan­ka op die Wan­de­rers aan­ge­te­ken, maar dit is sy e­nig­ste hon­derd­tal in sy laas­te 21 toets­beur­te.

Am­la se aan­vangs­ven­noot­skap met Quin­ton de Kock is een van die Pro­te­as se groot troef­kaar­te en ’n suk­ke­len­de Am­la is ’n kop­seer wat die span nie nou no­dig het nie.

In die toets­span is sy rol selfs van gro­ter be­lang, ver­al in die af­we­sig­heid van AB de Vil­liers.

Daar is reeds by­ko­men­de druk op die kap­tein, Faf du P­les­sis, en ’n suk­ke­len­de Am­la ver­er­ger dit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.