Lam­bie­fak­tor laat nie die Kings se broe­ke be­we

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Die Haaie se ge­sou­te S­pring­bok-los­ska­kel Pat Lam­bie spook nie by die Sout­hern Kings nie.

Die Kings is nie­te­min deeg­lik be­wus van die in­vloed wat Lam­bie op Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-krag­me­ting tus­sen die twee span­ne in die Nel­son Man­de­la­baai-sta­di­on kan hê.

“Pat is be­slis ’n ge­hal­te­spe­ler. Jy kon da­de­lik die ver­skil in die Haaie se span sien toe hy op­kom,” sê De­on Da­vids, die Kings se brei­er, oor Lam­bie se te­rug­keer die af­ge­lo­pe na­week.

Lam­bie, wat weens ’n rug­be­se­ring lank langs die kant­lyn was, het as ’n plaas­ver­van­ger speel­kans in die Haaie se oor­win­ning met 37-12 oor die We­stern For­ce in Dur­ban ge­kry.

Lam­bie het ge­speel in die plek van Cur­win Bosch, wat weens sy ver­plig­tin­ge by die Ju­ni­or S­pring­bok­ke ’n tyd lank nie vir die Haaie be­skik­baar gaan wees nie.

Die ver­wag­ting is dat Lam­bie Sa­ter­dag in die Haaie se be­gin­span as los­ska­kel sal speel.

“Hy (Lam­bie) be­stuur ’n wed­stryd so goed. Hy is ’n e­nor­me fak­tor,” sê Da­vids.

Da­vids ver­wys ook na die in­vloed wat Lam­bie op sy span- maats het.

“Hy boe­sem ver­troue by hul­le in.”

Ook die voor­ma­li­ge S­pring­bok-sen­ter Way­lon Mur­ray, wat lank een van Lam­bie se span­maats was, wys op die skoon­ge­sig-los­ska­kel se groot in­vloed.

“Hy is ’n ta­lent­vol­le in­di­vi­du en sy lei­ers­ei­en­skap­pe is baie werd op die veld,” sê Mur­ray.

“Baie din­ge in die wed­stryd­plan draai na­tuur­lik om hom. As hy fiks is, sal hul­le hom op die veld wil hê.”

Ook Mur­ray wys daar­op dat Lam­bie se blo­te teen­woor­dig­heid op die veld ’n hup­pel in sy span­maats se stap kan sit.

■ Die kans dat Mur­ray Sa­ter­dag teen sy ou span­maats gaan speel, is skraal.

Hy kan hom dalk eer­der be­vind in die OP-Kings se span, wat in ’n voor­wed­stryd teen die Grens-Bul­l­dogs speel.

Mur­ray sê hy het heel­te­mal her­stel van die dy­spier­be­se­ring wat hy ’n klom­pie we­ke ge­le­de op die Kings se Aus­tra­lie­se toer op­ge­doen het.

Da­vids is in­tus­sen hoop­vol dat Li­o­nel Cron­jé, wat Lam­bie se on­mid­del­li­ke teen­stan­der gaan wees, slag­ge­reed vir die wed­stryd sal wees.

Cron­jé het twee we­ke ge­le­de har­sing­skud­ding teen die Re­bels op­ge­doen en moes die veld ver­laat.

Cron­jé, wat ook die Kings se kap­tein is, speel tans skit­te­ren­de rug­by en boe­sem ge­wel­di­ge ver­troue by sy span­maats in.

“Li­o­nel ver­my tans kon­tak en sal Don­der­dag weer ge­toets word.

“Ek is wel vol ver­troue dat hy teen die Haaie sal kan speel,” sê Da­vids.

Hy sê ook die Haaie-stut M­za­mo Ma­jo­la is van­dees­week op ’n proef­grond­slag as leen­spe­ler by die Kings.

Dié voor­ma­li­ge los­kop­stut van die Suid-A­fri­kaan­se o.20span is na­der ge­hark om­dat die Kings se voor­ry weens be­se­rings uit­ge­dun is.

Vol­gens Da­vids word daar ook nog rond­ge­kyk vir ’n ge­skik­te vas­kop­stut, aan­ge­sien die Kings in Ross Gel­den­huys en Da­y­an van der West­hui­zen net twee fik­se vas­kop­stut­te het.

Chris Hei­berg en S­chalk van der Mer­we is tans die twee los­kop­pe in die span.

Of­skoon die ha­ker Mi­cha­el Wil­lem­se ná ’n blin­de­dermo­pe­ra­sie ’n tyd lank bui­te ak­sie sal wees, word daar in dié sta­di­um nog nie na ver­ster­kings in dié po­si­sie ge­soek nie.

Pat Lam­bie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.