Hy’s ’n S­hark. Nee, hy’s ’n Leeu.

Beeld - - Sport - Ge­or­ge Ger­mis­huys

Ter­wyl die Sa­le S­harks die skrum­ska­kel Faf de K­lerk amp­te­lik as een van hul eie ont­hul het, het die Leeus gis­ter ont­ken dat die skuif na dié En­gel­se rug­by­klub ’n uit­ge­maak­te saak is.

Lui­dens ’n ver­kla­ring op Sa­le se web­werf het De K­lerk ’n drie­jaar­kon­trak met die klub on­der­te­ken.

Ru­dolf S­tra­eu­li, die Leeus se uit­voe­ren­de hoof, het gis­ter in re­ak­sie ge­sê De K­lerk, wat die S­pring­bok­ke in 11 toet­se ver­teen­woor­dig het, is steeds op die u­nie se boe­ke.

Vol­gens S­tra­eu­li is die Leeus in sa­me­spre­kings met Sa­le oor die kon­trak wat vir De K­lerk aan­ge­bied is en hul­le sal wag tot­dat die s­pe­ler in Suid-A­fri­ka is voor­dat hul­le ’n ver­kla­ring uit­reik.

De K­lerk is tot ein­de 2018 by die Leeus ge­kon­trak­teer en Sa­le sal waar­skyn­lik oor­drag­geld vir sy diens­te moet be­taal.

Die Leeus is op Son­dag 14 Mei weer in Suid-A­fri­ka.

“Sa­me­spre­kings vind plaas, maar ek het nog niks aan­gaan­de die aan­bod wat aan De K­lerk ge­maak is, on­der­te­ken nie. Die span is ge­fo­kus op sy Su­per­rug­by­toer en ’n amp­te­li­ke aan­kon­di­ging sal eers ge­doen word as die groep te­rug is,” sê S­tra­eu­li.

Sa­le het aan­ge­kon­dig dat De K­lerk te­sa­me met die los­voor­spe­lers Jo­no Ross en Josh S­trauss by hul­le sal in­val.

Die aan­kon­di­ging volg op ont­ken­nings deur al­bei par­tye dat daar oor De K­lerk se diens­te on­der­han­del word.

De K­lerk se be­sluit om sy rug­by­loop­baan in En­ge­land voort te sit, be­te­ken waar­skyn­lik die ein­de van sy S­pring­bok­loop­baan. Hy het nog nie die 30 toet­se ge­speel wat ná die reeks teen Frank­ryk in Ju­nie ’n voor­ver­eis­te sal wees om as bui­te­land­se s­pe­ler vir die S­pring­bok­ke ge­kies te word nie.

De K­lerk blyk wel nie deel van Al­lis­ter Coet­zee, S­pring­bok­af­rig­ter, se on­mid­del­li­ke plan­ne te wees nie na­dat hy nie ’n uit­no­di­ging na die S­pring­bok­oe­fen­kamp ont­vang het nie.

Ook by die Leeus het ’n an­der skrum­ska­kel, Ross Cron­jé, ’n pro­mi­nen­ter rol be­gin ver­vul.

De K­lerk (25) se ver­trek is wel ’n ge­voe­li­ge slag vir plaas­li­ke rug­by en deel van ’n groei­en­de nei­ging on­der jong spe­lers wat hul heil eer­der in Eu­ro­pa gaan soek.

Co­bus Rei­nach (27) en Jan Ser­fon­tein (24), al­bei re­a­lis­tie­se S­pring­bok-aan­spraak­ma­kers wat ook on­der die 30-toet­skerf is, het ook van­jaar aan­ge­kon­dig dat hul­le Suid-A­fri­ka sal ver­laat.

Daar is vroe­ër be­rig dat De K­lerk se kon­trak by die Sa­le S­harks R21 mil­joen oor drie jaar werd sal wees, wat hom een van die bes be­taal­de spe­lers in die En­gel­se P­re­mier­liga sal maak.

Faf de K­lerk . . . Ry hy of bly hy? Fo­to: GAL­LO I­MA­GES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.