Aus­sies hou ook nou ’n dink­skrum

Beeld - - Sport - – Reuters

Kort op die hak­ke van SuidA­fri­kaan­se rug­by se in­da­ba volg daar nou ’n Aus­tra­lie­se “dink­skrum” na­dat Doer On­der be­sef het dat hul rug­by ewe diep, in­dien nie die­per nie, in die moei­lik­heid as ons s’n is.

Met slegs 11 se­ges in 47 wed­stry­de deur Aus­sie-span­ne in van­jaar se Su­per­rug­by-reeks – waar­van slegs drie teen oor­se­se teen­stan­ders – het af­rig­ters be­sluit dis tyd om die pro­ble­me te deur­trap.

Die Wa­ra­tahs, in 2014 nog die kam­pi­oen­span, het Sa­ter­dag­aand met 33-40 teen die Blu­es, Nieu-See­land se swak­ste span, ver­loor.

Dit was die Wa­ra­tahs se vier­de ag­ter­een­vol­gen­de ne­der­laag en be­te­ken dat Ki­wi-span­ne al 17 van hul wed­stry­de tot dus­ver van­jaar teen Aus­sie-teen­stan­ders ge­wen het.

Drie af­rig­ters – Nick S­ti­les (Reds), To­ny M­cGa­han (Re­bels) en Da­ryl Gib­son (Wa­ra­tahs) – het al­mal aan The Aus­tra­li­an ge­sê dat hul­le ten guns­te daar­van is om suk­ses­vol­le oud­af­rig­ters te be­trek.

Die Su­per­rug­by-af­rig­ters be­plan reeds om in Ju­nie met Mi­cha­el C­hei­ka, Wal­la­by-af­rig­ter, te ver­ga­der. ’n Hand­vol ou­dWal­la­by-af­rig­ters – Rod Ma­c­queen, Bob D­wy­er, Alan Jo­nes en John Con­nol­ly – gaan na ver­wag­ting ook be­trek word.

“Hul­le het waar­de­vol­le ken­nis en ons sal dom wees om dit nie te ge­bruik nie,” sê S­ti­les.

Ter­wyl die uit­slae die groot­ste bron van kom­mer is, speel Aus­tra­lie­se span­ne ook nie meer aan­trek­li­ke rug­by nie. Dit is stry­dig met ’n rug­by­na­sie se ka­rak­ter wat nog al­tyd ’n groot klem op vaar­dig­he­de ge­plaas het.

Ta­na U­ma­ga, die Blu­es se af­rig­ter, meen die on­se­ker­heid oor die toekoms van die We­stern For­ce en die Mel­bour­ne Re­bels het ’n al­ge­me­ne in­sin­king in Aus­tra­lie­se rug­by tot ge­volg ge­had.

“Ons al­mal weet daar is on­se­ker­heid. Daar is ge­hal­te­spe­lers en -be­stuur­span­ne, so hul­le sal weer op koers kom. Ek dink wat al­mal wil hê, is dat ’n be­sluit ge­neem word so­dat daar dui­de­lik­heid oor die pad vo­ren­toe is,” sê U­ma­ga.

Fo­to: GETTY I­MA­GES

Bob D­wy­er

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.