Sy Bul­le­lief­de soos sy ta­toe: Daar vir al­tyd

On­der­steu­ner stort sy hart in brief uit

Beeld - - Voorblad - Sa­rel van der Walt

Die Bul­le is soos ’n stout kind.

“Jy word soms vir hom kwaad, maar jy bly lief vir hom.”

So sê Nie­kie van Heer­den (45) van P­re­to­ria oor die span wat hom so diep te­leur­stel.

Van Heer­den het gis­ter in ’n brief in Beeld ge­skryf hy is al 40 jaar lank “deur dik en dun” ’n on­der­steu­ner van dié span, maar hy het nou ge­noeg ge­had.

Gis­ter­mid­dag het Van Heer­den be­ter ge­voel, al was dit be­wolk en die lug in P­re­to­ria nie Blou Bul-blou nie.

“Ja, ek sal maar my span bly on­der­steun,” sê hy, maar voeg in die­self­de a­sem by daar is baie din­ge in Blou Bul-land wat hom pla.

Hy skryf: “20 jaar lank dra ek die dai­sy-ta­toe­ëer­merk trots op my skou­er.

“Ek moes ná Sa­ter­dag se de­ba­kel op Lof­tus (die Cru­sa­ders het die Bul­le met 62-24 af­ge­ran­sel) my kop in skaam­te laat sak en er­ken: Die Blou Bul is dood vir my!

“Slaap sag, my BBRU (Blou Bul­le Rug­by­u­nie)! Slaap sag!”

Hy skryf ook: “Ge­noeg van af­rig­ters en uit­voe­ren­de hoof­de wat sê al­les is reg by die Bul­le en ons hoef nie be­kom­merd te wees nie!

“Ek is nie dom nie, Ba­rend van Graan (uit­voe­ren­de hoof van die Blou Bul­le)!”

Gis­ter­mid­dag het Van Heer­den ge­sê hy be­sef “dit gaan op en af met e­ni­ge sport­span, maar ek is moeg daar­voor dat ons el­ke week hoor die ad­mi­nis­tra­teurs en die af­rig­ter sê daar is nie fout nie”.

“Ek is moeg vir die ver­sko­nings. Daar ís gróót fout,” sê Van Heer­den, ’n re­stau­ra­teur in die oos­te van P­re­to­ria.

“Ek was vyf, am­per ses jaar oud toe my pa (dr. Koos van Heer­den) in 1978 vir ons sei­soen­kaart­jies vir Lof­tus Vers­feld ge­koop het.”

Sy eer­ste Blou Bul-hel­de was spe­lers soos Naas Bo­tha, Jan Lock, Uli S­chmidt, Hein­rich Rod­gers, Bur­ger Gel­den­huys, A­dolf Ma­lan, Lou­is Mool­man en Po­te Fou­rie. “Toe kom die ma­er ja­re, maar la­ter was daar weer ou­ens soos Fou­rie du P­reez, Vic­tor Mat­field en Bak­kies Bo­tha.”

En wie dink hy moet die lei­sels as af­rig­ter oor­neem?

“Ie­mand soos die Nieu-See­lan­ders se John Mit­chell (die voor­ma­li­ge All Black wat die Leeus af­ge­rig het tot Cur­rie­be­ker-glo­rie in 2011) of Todd Blackad­der (ook ’n oud-All Black).

“Ons kort ’n nu­we ma­nier van dink oor af­rig én speel,” sê Van Heer­den.

Nie­kie van Heer­den wys sy Bulon­der­steu­nerstrui en Blou Bul­ta­toe­ëer­merk. Fo­to: DEAAN VIVIER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.