Ru­an groet Ul­ster met ’n traan

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Die Ier­se rug­by­klub Ul­ster moes on­danks po­gings om Ru­an Pie­naar, een van hul lief­ling­seuns van die af­ge­lo­pe se­we jaar, te be­hou, Sa­ter­dag af­skeid van die S­pring­bok-skrum­ska­kel neem.

Pie­naar (33) het met ’n traan in die oog en on­der lui­de toe­jui­ging die King­span-sta­di­on ge­groet.

Ul­ster het met ’n se­ge oor Lein­ster se­ker ge­maak hy gee Pie­naar en die los­voor­spe­ler Ro­ger Wil­son ’n goeie af­skeids­ge­skenk, deur die duo se laas­te Pro12-wed­stryd met 17-13 te wen.

Pie­naar, wat so hit­te­te sy laas­te wed­stryd weens ’n rug­be­se­ring mis­ge­loop het, was ná die tyd aan­ge­daan. Sy oë was vol tra­ne en hy het swaar ge­sluk toe hy uit­ge­vra is oor sy swa­ne­sang by die King­span-sta­di­on.

“Dan­kie vir die laas­te se­we jaar, dit was spe­si­aal. Ek is hart­seer om hier weg te gaan. Ek gaan eg­ter weg op ’n hoog­te­punt.

“Dit was on­ge­loof­lik om my vrou (Mo­ni­que), kin­ders (Je­an Luc en Le­may) en pa (die oud-Bok-heel­ag­ter Gy­sie) hier te kon hê. Jo­han Mul­ler (’n voor­ma­li­ge Bok-slot en Ul­ster-kap­tein) het my ook kom ver­ras,” het Pie­naar vol­gens BBC S­port ge­sê.

Hy sê hy is bly oor wat hy oor die ja­re by Ul­ster be­reik het en hoe die klub ge­groei het.

“Ek sal vol­gen­de jaar die nom­me­reen-on­der­steu­ner wees al is ek by ’n an­der klub. Ek sal al­tyd die spe­lers steun want ek weet hul­le is goed ge­noeg om tro­feë te wen. Ho­pe­lik kan dit vol­gen­de jaar ge­beur.”

Pie­naar is ag­ter­na op ’n ont­haal as Ul­ster se Per­soon­lik­heid van die Jaar aan­ge­wys.

Die Pro12-reeks het Pie­naar se drie teen die Glas­gow War­ri­ors op sy prys­uit­de­ling Son­dag in Du­blin as die Drie van die Jaar aan­ge­wys. Pie­naar is ook in­ge­sluit in die Pro12-droom­span.

Pie­naar sal nog ’n laas­te keer op 1 Ju­nie in Bel­fast vir Ul­ster teen die Bar­ba­ri­ans uit­draf.

Die Ier­se Rug­by­u­nie se be­leid maak dit vir klubs ui­ters moei­lik om oor­se­se spe­lers se kon­trak­te te ver­leng, met die oog daar­op om eer­der jong Ier­se spe­lers die kans te gee om te ont­wik­kel.

Ul­ster se di­rek­teur van rug­by, Les Kiss, sê hy ver­staan dat Ul­ster-on­der­steu­ners on­ge­luk­kig is om­dat Pie­naar waai.

“Ons het al­les pro­beer om hom hier te hou. Ons het die reg­te pro­se­du­re ge­volg en die be­sluit is ge­neem.”

Die ba­nie­re wat ty­dens Sa­ter­dag se wed­stryd ver­toon is, wys dui­de­lik dat Pie­naar een van die King­span-sta­di­on se groot guns­te­lin­ge was. Op een daar­van het ge­staan: “South A­fri­can by birth, Ul­ster by Gra­ce of God”.

Ru­an Pie­naar en sy seun, Je­an Luc, voor sy laas­te wed­stryd vir Ul­ster. Fo­to: JOHN DICKSON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.