B­lits­bok­bre­ker Kok glim­lag oor Fidji­aan­se lof

Beeld - - Sport -

S­tuit Kok, dan s­tuit jy die Bok. Dié o­pi­nie is ver­le­de maand voor die eind­stryd van die Hong­kong-se­westoer­nooi deur ’n hand­vol Fidji­aan­se ver­slag­ge­wers uit­ge­spreek – en met goeie re­de ook. Wer­ner Kok is im­mers nie net ’n do­ring op die ver­de­di­ging nie, maar ook met die bal in die hand ’n ver­skrik­king.

Dis groot lof van die bur­gers van ’n na­sie met ’n ry­ke se­wes­ge­skie­de­nis, en gee Kok be­slis ’n hup­pel in die stap. Maar, sê hy, hy is be­slis nie die e­nig­ste Suid-A­fri­ka­ner met ’n tei­ken op sy rug nie.

“Ek dink daar is an­der man­ne in ons span vir wie hul­le ook lug­tig is, maar dit bly ’n groot eer as jy hoor ’n an­der land se on­der­steu­ners praat só oor jou.

“Fidji is ’n baie fi­sie­ke span en wan­neer jy teen hul­le speel, weet jy dit gaan ’n klip­har­de stryd wees.

“Dit is iets waar­na ek al­tyd uit­sien, want ek hou van die fi­sie­ke as­pek van die spel.”

Fidji, die heer­sen­de O­lim­pie­se kam­pi­oen, het Suid-A­fri­ka ver­le­de maand in die eind­stryd van die Hong­kong-toer­nooi ge­klop vir hul eer­ste ti­tel van die hui­di­ge reeks.

Kok is as die S­pe­ler van die Toer­nooi aan­ge­wys, maar hy meen hy en sy span­maats kon nog nie weer die stan­daar­de be­reik wat hul­le aan die be­gin van die Wê­reld­reeks vier toer­nooi­ti­tels be­sorg het nie.

Die B­lits­bok­ke is nie­te­min steeds die voor­lo­per in die reeks, en kry hier­die na­week in die Fran­se hoof­stad, Pa­rys, ’n kans om hul sta­tus as guns­te­lin­ge vir die al­ge­he­le kroon vas te se­ment.

Kok meen hul regruk­plan moet Sa­ter­dag in hul eer­ste groep­wed­stryd teen S­kot­land al in plek wees.

“Ons moet net die ba­sie­se din­ge reg doen en ons wed­stryd­plan ver­trou as ons weer suk­ses­vol wil wees,” sê hy.

“Die wed­stryd teen S­kot­land gaan nie mak­lik wees nie. Oor die af­ge­lo­pe vier jaar kon ’n mens sien hoe die an­der lan­de se spel ver­be­ter het. S­kot­land is een van dié span­ne wat net aan­hou ver­be­ter, soos hy ver­le­de sei­soen ge­wys het deur in Lon­den die ti­tel te wen.

“Ek dink die S­kot­te sal in Pa­rys weer wil te­rug­keer na die goeie spel­peil wat hul­le vroe­ër in die reeks ge­hand­haaf het.”

Die B­lit­se kom op die eer­ste dag ook teen Ja­pan en Ka­na­da te staan en as din­ge vol­gens plan ver­loop, kan die B­lit­se weer ’n ont­moe­ting met Fidji in ’n eind­stryd be­spreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.