Tot Trump grin­nik oor Da­ly se toer­nooi­se­ge

Beeld - - Sport - – Reuters

John Da­ly se eer­ste be­roep­se­ge op die gholf­baan se­dert 2004 het nie on­ge­siens in die Wit­huis ver­by­ge­gaan nie.

Pres. Do­nald Trump het sy land­ge­noot ge­luk­ge­wens met sy se­ge eer­gis­ter in die Ins­pe­ri­ty­uit­no­di­gings­toer­nooi, ’n toer­nooi wat deel is van die A­me­ri­kaan­se Kam­pi­oe­ne­reeks (vir spe­lers wat 50 jaar of ou­er is). Die veel­be­spro­ke Da­ly, wat voor­brand vir Trump ge­maak het ten ty­de van sy ver­kie­sings­veld­tog, het eer­gis­ter ’n broek in die ge­daan­te van die A­me­ri­kaan­se vlag ge­dra on­der­weg na sy se­ge met een hou in Tex­as.

Da­ly (51), ’n twee­ma­li­ge wen­ner van ma­jor­toer­nooie, het 13 jaar laas in die wen­kam­pie ge­draai met ’n se­ge in die Buick­uit­no­di­gings­toer­nooi.

“John is ’n fan­tas­tie­se ou wat nooit op­ge­gee het nie, en nou weer ’n wen­ner is,” het Trump ge­twiet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.