KSA be­noem Bou­cher, Bo­jé as bes­te brei­ers

Beeld - - Sport - – Jo­hann de Ja­ger

Twee voor­ma­li­ge Pro­tea­span­maats wat die af­ge­lo­pe sei­soen hul bui­gings as heel­tyd­se fran­chi­se­brei­ers ge­maak het, is deur K­rie­ket Suid­A­fri­ka (KSA) as Af­rig­ter van die Jaar be­noem.

Mark Bou­cher en Nic­ky Bo­jé, on­der­skei­de­lik die af­rig­ter van die Ti­tans en die K­nig­hts, spook dit saam met die War­ri­ors se Ma­li­bong­we Ma­ke­ta om dié eer­be­wys uit.

Die wen­ner word Sa­ter­dag in Mid­ rand aan­ge­wys.

Die Ti­tans het on­der Bou­cher, voor­ma­li­ge paal­tjie­wag­ter van SuidA­fri­ka, die plaas­li­ke T20­ én een­dag­reeks ge­wen.

Bo­jé se K­nig­hts het die Ti­tans in die laas­te ron­de van wed­stry­de ver­by­ge­steek om die meer­dag­reeks te wen.

Ma­ke­ta se War­ri­ors het die eind­stryd van die T20­ en een­dag­reeks ge­haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.