Keer 2 se borg­tog om – LUR

‘Ons is on­te­vre­de oor hul vry­la­ting’

Beeld - - Voorblad - Han­ti Ot­to

Ter­wyl een po­li­ti­kus ’n be­roep om kalm­te in Co­li­gny, Noord­wes, ge­doen het, het ’n an­der ge­sê daar moet in­ge­gryp word om twee moord­be­skul­dig­des se borg­tog om te keer.

Dr. Mp­ho Mot­l­ha­ba­ne, Noord­wes se LUR vir ge­meen­skaps­vei­lig­heid en ver­voer, het die ge­meen­skap gis­ter be­lo­we hy sal stap­pe doen om te ver­se­ker dat teen Pie­ter Doore­waard (26) en P­hil­lip S­chut­te (34) se vry­la­ting op borg­tog ge­ap­pel­leer word.

Die twee mans, wat daar­van be­skul­dig word dat hul­le Mat­l­ho­mo­la Mos­weu (16) op

20 A­pril ver­moor het, is Maan­dag in die land­dros­hof op borg­tog van R5 000 elk vry­ge­laat.

Dit het ge­lei tot ’n vlaag van ge­weld waar­in drie hui­se, as­ook lan­de­rye aan die brand ge­steek is.

Mot­l­ha­ba­ne het net ná 08:00 met boe­re, ge­meen­skaps­lei­ers, sa­ke­lei­ers, die nood­diens­te en die po­li­sie in die dorp ver­ga­der.

Daar­na het hy die ge­meen­skap in die towns­hip-ge­bied, Tl­ha­bo­lo­gang, toe­ge­spreek.

Hy sê daar is op die ver­ga­de­ring be­sluit om ’n groep, die RHR-fo­rum, te stig. Dit staan vir Re­con­ci­li­a­ti­on, He­a­ling and Re­ne­wal.

“Die doel is om die he­le Co­li­gny-ge­meen­skap by die fo­rum te be­trek.

“Dit is nie ’n een­ma­li­ge ge­beur­te­nis nie, maar ’n pro­ses waar­in al­mal aan­ge­moe­dig gaan word om met me­kaar te praat, hul­le met me­kaar se si­tu­a­sies te ver­een­sel­wig en me­kaar op grond van me­de­mens­lik­heid as me­de-Suid-A­fri­ka­ners te sien,” sê Mot­l­ha­ba­ne.

Die fo­rum sal deur Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, Noord­wes-pre­mier, se kan­toor ge­mo­ni­tor word.

Ma­hu­ma­pe­lo sal Co­li­gny se in­wo­ners moont­lik ook Vry­dag kom be­soek.

Vol­gens Mot­l­ha­ba­ne was daar nie voor die ge­weld in Co­li­gny “dui­de­li­ke” te­kens van ras­se­span­ning in die dorp nie.

“Ons het net mis­da­dig­heid (ra­ken­de Mat­l­ho­mo­la se dood) ge­sien.

“As ie­mand dood­ge­maak word, kan jy nie net spring en sê dis ras­ge­rig tot­dat die ras­see­le­ment oor­kook nie. Die fo­rum sal ook daar­aan werk.”

Die LUR het on­der lui­de toe­jui­ging

van die towns­hip-in­wo­ners by­ge­voeg:

“Ons gaan teen die be­skul­dig­des se borg­tog ap­pel­leer. As plaas­li­ke re­ge­ring is ons nie ge­luk­kig met hul vry­la­ting nie en die ge­meen­skap ook nie. Ek is ook in­ge­lig dat die fa­mi­lie wil ap­pel­leer en dat b­rie­we aan die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag ge­skryf is.”

Wat be­tref die ge­meen­skap se klag­tes dat die po­li­sie “op hul­le skiet”, sê hy po­li­sie­le­de van bui­te die om­ge­wing sal ge­bring word tot­dat al­les nor­ma­li­seer.

“Vir nou lyk dit of din­ge in die dorp ver­be­ter het. Die men­se is hoop­vol. Daar is lig. Din­ge is nie net don­ker en som­ber nie.”

M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, sê sy par­ty is diep be­kom­merd oor be­rig­te dat groe­pe men­se in Co­li­gny hul­self be­wa­pen.

“Dit maak nie saak hoe kwaad en e­mo­si­o­neel men­se is nie, daar is nie plek vir vi­gi­lan­te­groe­pe in ons kon­sti­tu­si­o­ne­le de­mo­kra­sie nie,” het hy gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê, be­rig Sa­rel van der Walt.

“Die DA doen ’n be­roep op die ge­meen­skap om toe te sien dat die reg sy be­loop neem so­dat ge­reg­tig­heid kan ge­skied.”

Vol­gens Mai­ma­ne sê lt.genl. K­ho­mot­so P­hahla­ne, waar­ne­men­de na­si­o­na­le po­li­sie­hoof, ’n “af­son­der­li­ke mis­da­di­ge e­le­ment” buit die si­tu­a­sie in Co­li­gny uit.

Teen gis­ter­mid­dag het klip­gooi­e­ry en pad­ver­sper­rings weer spo­ra­dies op die N14 voor­ge­kom en die po­li­sie het ’n hand­jie­vol moei­lik­heid­ma­kers met rub­ber­koe­ëls en traan­rook te­rug­ge­dwing.

Een van die po­li­sie­le­de wat in Co­li­gny ont­plooi is. Fo­to’s: FE­LIX DLANGAMANDLA

Dr. Mp­ho Mot­l­ha­ba­ne

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.