FB moet dié pla­sings af­haal

Beeld - - Voorblad -

’n Oos­ten­ryk­se hof het ge­las dat Fa­ce­book pla­sings moet ver­wy­der wat op haat­spraak neer­kom.

Dit het ge­beur na­dat die Groen­par­ty in dié land in die hof be­swaar aan­ge­te­ken het teen be­le­di­gen­de pla­sings teen sy lei­er, Eva Gla­wis­chnig.

Die ap­pèl­hof in We­ne het Vry­dag beslis dat Fa­ce­book al dié be­le­di­gen­de kom­men­taar moet ver­wy­der en dat dit wê­reld­wyd geld – nie net die pla­sings en her­pla­sings wat in Oos­ten­ryk ge­doen is nie. Die hof het by­ge­voeg dat dit vir Fa­ce­book mak­lik sou wees om die pro­ses te ou­to­ma­ti­seer.

Die hof het wel ge­sê dat nie van Fa­ce­book ver­wag kan word om die in­houd te fyn­kam om soort­ge­ly­ke pla­sings te vind as dié wat reeds as haat­spraak ge­ï­den­ti­fi­seer is nie.

Die Groen­par­ty eis ska­de­ver­goe­ding van Fa­ce­book om dit mak­li­ker te maak vir in­di­vi­due in soort­ge­ly­ke sa­ke om die fi­nan­si­ë­le ri­si­ko te loop om reg­stap­pe te neem.

Mark Zuc­ker­berg, uit­voe­ren­de hoof van Fa­ce­book, het voor­heen ge­sê haat­spraak hoort nie op Fa­ce­book nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.