SA man klim al­leen, dalk be­boet

Beeld - - Voorblad - El­sje du Toit

’n Suid-A­fri­kaan­se a­von­tu­rier kan met so­wat R300 000 be­boet word na­dat hy E­ve­rest on­wet­tig pro­beer klim en in ’n grot vir amp­te­na­re weg­ge­kruip het.

Ry­an Se­an Da­vy van Jo­han­nes­burg het die £8 500 (so­wat R149 366) wat be­taal moet word om die hoog­ste piek ter wê­reld te klim, pro­beer ont­duik.

Vol­gens Dai­ly Mail het Ne­pa­le­se amp­te­na­re Da­vy in sy weg­kruip­plek, in ’n grot meer as 20 000 vt. (so­wat 6 096 m) bo see­vlak, ge­kry.

Hul­le het hom be­veel om van die berg af te kom, sy pas­poort ge­kon­fis­keer en hom met

£17 000 (so­wat R300 900) be­boet.

Bui­te­lan­ders moet die Ne­pa­le­se re­ge­ring £8 500 be­taal om toe­stem­ming te kry om die piek van 29 030 vt. (so­wat

8 848 m) te klim.

Dit is baie on­ge­woon vir bui­te­land­se klim­mers om E­ve­rest al­leen te pak. Hul­le word meest­al ver­ge­sel deur min­stens een gids en ’n groot on­der­steu­ning­span by die ba­sis­kamp.

Da­vy kan tot vyf jaar uit Ne­pal ver­ban word.

Mi­che­le W­hi­te­he­ad, een van Da­vy se Fa­ce­book-vrien­din­ne, het gis­ter­og­gend op sy pro­fiel ge­skryf hy “sal waar­skyn­lik in

Die o­wer­heid kan my vry­heid weg­neem, maar nie die on­der­vin­ding nie.

die tronk bly tot­dat al­les op­ge­klaar is”.

“Mo­han, ’n vriend in Ne­pal, het voor­ge­stel dat ons die kon­su­laat in Ne­pal kon­tak,” lui

haar in­skry­wing.

Da­vy het aan Tra­vel­ler24 ge­sê hy was op ’n self­on­der­soek­sen­ding om sy le­wens­doel te vind. Daar­om wou hy die wê­reld se hoog­ste piek uit­klim “voor­dat hul­le ’n trap tot heel bo bou”.

“Ek kon nie die per­mit be­kos­tig nie. En al sou ek kon, sou hul­le dit ge­wei­er het, want ek het geen vo­ri­ge berg­kli­mon­der­vin­ding nie.

“Die o­wer­heid kan my vry­heid weg­neem, maar nie die on­der­vin­ding nie. Dit is vir al­tyd in my siel in­ge­prent.”

— RY­AN SE­AN DA­VY

’n Boe­te van meer as R300 000 staar Ry­an Se­an Da­vy van Jo­han­nes­burg in die ge­sig na­dat hy E­ve­rest son­der die no­di­ge per­mit­te pro­beer klim het. Fo­to’s: FA­CE­BOOK

Da­vy op E­ve­rest. Hy deel mooi fo­to’s van sy on­wet­ti­ge eks­pe­di­sie op Fa­ce­book.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.