Nu­we ‘trein vir men­se’ sal lewe ver­be­ter – pre­si­dent

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

Die nu­we “trein vir die men­se” wat pres. Ja­cob Zu­ma gis­ter in P­re­to­ria be­kend ge­stel het, kan met die Gautrein ver­ge­lyk word, sê Is­mail Va­di, Gau­teng­se LUR vir paaie en ver­voer.

“Dit is ’n baie spe­si­a­le dag vir o­pen­ba­re ver­voer. Dit is ’n keer­punt en ’n groot oom­blik.”

20 van dié trei­ne van die Pas­sa­sier­spoor­a­gent­skap van Suid-A­fri­ka (Pra­sa) ry se­dert gis­ter tus­sen P­re­to­ria en Pie­naar­s­poort.

Zu­ma het op een van die trei­ne van die Ris­sik­sta­sie in Hat­field na die P­re­to­ri­a­s­ta­sie in die mid­de­stad ge­ry.

Va­di en Joe Mas­wan­ga­nyi, mi­nis­ter van ver­voer, het saam­ge­ry.

Zu­ma het ge­sê die nu­we trei­ne sal men­se se lewe vir die vol­gen­de de­ka­des ver­be­ter.

“Die dae van on­ge­mak­li­ke, on­be­trou­ba­re en on­vei­li­ge trei­ne is nou iets van die ver­le­de.”

Die re­ge­ring be­stee na­ge­noeg R173 mil­jard aan die nu­we o­pen­ba­re trein­stel­sel.

“Die re­ge­ring be­stee ’n klomp geld daar­aan om die ma­nier waar­op ons men­se reis, te ver­be­ter.”

Daar­om word na die trein as die trein vir die men­se ver­wys.

Hy sê die nu­we trei­ne bied vin­ni­ger reis­tye, is be­trou­baar en vei­li­ger

met kring­te­le­vi­sie­ka­me­ras en lug­ver­sor­ging.

Pra­sa het in 2013 ’n kon­trak met die Gi­be­la Rail Trans­port Con­sor­ti­um ge­sluit om 600 nu­we trein­stel­le ter waar­de van R59 mil­jard te bou.

Om die trei­ne plaas­lik te kan bou, word ’n nu­we trein­ver­vaar­di­gings­aan­leg teen so­wat R1 mil­jard

Die dae van on­ge­mak­li­ke, on­be­trou­ba­re en on­vei­li­ge trei­ne is nou iets van die ver­le­de.

— PRES. JA­COB ZU­MA

in Dun­not­tar­park, E­kur­hu­le­ni, ge­bou.

Rap­port het in 2015 be­rig die seun van een van Zu­ma se naas­te bond­ge­no­te, ’n nig­gie van hom, ’n ont­sla­pe ANC-swaar­ge­wig se eer­tyd­se lyf­wag en ’n oud­spi­oen­baas van Is­rael is be­guns­tig­des van, of is be­trok­ke by, die kon­trak.

Die eer­ste 20 trei­ne is in Bra­si­lië ver­vaar­dig en die res sal in die vol­gen­de agt jaar op eie bo­dem ge­bou word.

Mas­wan­ga­nyi sê dit sal werk­ge­leent­he­de vir 8 000 men­se skep.

1 000 werk­ge­leent­he­de is ge­skep met die bou van die eer­ste 20 trei­ne, waar­in 38 plaas­lik ver­vaar­dig­de kom­po­nen­te ge­bruik is.

Die aan­leg sal ’n op­lei­ding­sen­trum hê wat ont­werp is om 19 527 men­se in as­pek­te van spoor­ver­voer op te lei.

Pres. Ja­cob Zu­ma waai uit die nu­we “trein vir die men­se” vir pas­sa­siers in ’n aan­gren­sen­de trein op die Ris­sik­sta­sie in Hat­field, P­re­to­ria. Fo­to’s: DEAAN VIVIER

Een van Pra­sa se nu­we trei­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.