‘Ra­map­ho­sa moet be­rou wys deur op te dok’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

As adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa op­reg is met sy ver­sko­ning oor Ma­ri­ka­na en as dit meer be­te­ken as om net sy naam skoon te kry in die aan­loop tot die ANC se na­si­o­na­le ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie, moet hy self by­dra tot die ver­goe­ding van die fa­mi­lies van die slag­of­fers.

So sê die DA en Co­pe na­dat Ra­map­ho­sa die na­week in die OosKaap om ver­sko­ning ge­vra het vir sy “on­van­pas­te taal­ge­bruik” ten ty­de van die Ma­ri­ka­na-skie­te­ry.

Hy het ook ge­sê hy het ver­de­re sterf­tes pro­beer keer die dag voor­dat die 34 myn­wer­kers op 16 Au­gus­tus 2012 dood­ge­skiet is.

Ra­map­ho­sa, des­tyds ’n nie-uit­voe­ren­de di­rek­sie­lid van Lon­min, het op 15 Au­gus­tus 2012 in ’n e-pos aan dié myn­maat­skap­py ge­skryf die sta­king kan nie meer as ’n ar­beids­ge­skil be­skou word nie, dit is dui­de­lik “mis­da­dig” en moet as so­da­nig be­skou word.

P­hum­zi­le van Dam­me, DA-woord­voer­der, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê as Ra­map­ho­sa werk­lik be­rou het oor die Ma­ri­ka­na-skie­te­ry, be­hoort hy per­soon­lik ’n aan­sien­li­ke by­drae te maak om die Ma­ri­ka­na­ver­goe­ding te fi­nan­sier.

Sy po­ging om ver­sko­ning te vra is vol­gens haar be­te­ke­nis­loos ter­wyl die fa­mi­lies van die slag­of­fers steeds op ver­goe­ding van die re­ge­ring wag.

“Adj.pres. Ra­map­ho­sa is ’n uit­son­der­lik wel­ge­stel­de Suid-A­fri­ka­ner en hy kan die Ma­ri­ka­na-fa­mi­lies per­soon­lik ver­goed vir waar­voor hy ver­sko­ning ge­vra het.

“Hoe­wel geld hul­le nooit vir hul ver­lies sal kan ver­goed nie, sal dit die gel­de­li­ke las ver­lig wat weens die tra­ge­die ge­ly is,” lui Van Dam­me se ver­kla­ring.

Co­pe be­skou Ra­map­ho­sa se ver­sko­ning as “niks an­ders nie as ’n deel van sy veld­tog­stra­te­gie vir die pre­si­dent­skap van die ANC en van die land”.

Den­nis Bloem, par­ty­woord­voer­der, het in ’n ver­kla­ring ge­sê Ra­map­ho­sa kan nie ver­wag SuidA­fri­ka­ners moet glo sy ver­sko­ning is op­reg met geen “ver­steek­te a­gen­das nie”.

“As Ra­map­ho­sa goed be­doel deur om ver­sko­ning te vra, moet hy be­gin deur se­ker te maak dat die ge­raak­te fa­mi­lies by­ge­staan word om die ver­goe­ding te ont­vang waar­op hul­le steeds wag.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.