‘Die en­ge­le was met my’

Jaag weg toe boef wa­pen teen haar kop hou

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

A­mor Vit­to­ne is “ou­kei” na­dat ’n ro­wer Maan­dag­aand ’n re­wol­wer teen haar kop ge­hou het ter­wyl sy in haar mo­tor by ’n krui­sing was.

Sy meen die twee nu­we hout­krui­se wat in haar mo­tor ge­lê het, het haar die moed ge­gee om weg te jaag.

Die san­ge­res en TV-aan­bie­der was om­streeks 19:00 op pad te­rug na haar huis in Dain­fern, Jo­han­nes­burg, van ’n ge­leent­heid in P­re­to­ria toe sy by die Diep­sloot-af­rit op die N14 stil­ge­hou het.

“Die ver­keers­lig­te by die af­rit het nie ge­werk nie en dit was don­ker. Skie­lik het ’n groot man langs my kar ver­skyn, die ruit aan die be­stuur­der se kant ge­breek en my hand­sak met al­les daar­in ge­gryp. Dit was op die pas­sa­sier­sit­plek,” sê Vit­to­ne.

Haar sel­foon was on­der haar sit­vlak ver­steek.

Vit­to­ne raak e­mo­si­o­neel as sy ver­tel wat daar­na ge­beur het. “Hy het die re­wol­wer teen my kop ge­sit, toe jaag ek net weg.”

Sy het die bank en die po­li­sie in die ry ge­bel, maar was steeds vrees­be­van­ge dat ie­mand haar dalk in ’n mo­tor ag­ter­volg.

By haar tuis­koms het sy ge­sien die ge­breek­te glas lê o­ral in haar mo­tor.

“Op die sit­plek langs my het daar ’n wit veer ge­lê. Die en­ge­le was met my.”

Sy het vroe­ër langs die pad twee hout­krui­se ge­koop. Sy meen dit het haar die moed ge­gee om weg te jaag.

“Ek het ge­huil, maar ek was kalm en het net ge­ry en pro­beer kop­hou.”

Sy is dank­baar dat sy die voor­val oor­leef het en dat haar kin­ders, Jor­dan (13) en Ky­lie (11), nie saam met haar was nie. Sy het hul skool laat weet so­dat hul­le gis­ter be­ra­ding kon ont­vang.

“Dit was ’n skok vir die kin­ders. Die po­li­sie was by ons huis met flit­sen­de lig­te. En hul pa is nie eens daar nie.”

Sy is nog ge­trau­ma­ti­seerd ná die voor­val.

“Ek het ge­voel jy gaan deur so baie en jy vra net hoe­kom. Ek moet net hier­deur kom.”

Sy wil vroue waar­sku hul­le moet pa­raat wees wan­neer hul­le snags al­leen be­stuur. Sy is nie se­ker of dit ’n ver­skil sou ge­maak het as haar hand­sak in die kat­te­bak en nie op die sit­plek was nie.

“Dan sou hul­le my dalk ge­skiet het. “Ek wens net dat dit be­ter in SuidA­fri­ka kan gaan.”

Sy is be­sig met werk en sê sy het nie nou tyd om self be­ra­ding te ont­vang nie.

“Ek dink ’n mens moet maar net bid en aan­gaan.”

A­mor Vit­to­ne Fo­to: CORNÉL VAN HEERDEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.