Hen­ri, hond ‘sit bui­te ná aan­val’

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Toe ’n nood­diens­be­amp­te ná die moord op drie le­de van die Van B­re­da-ge­sin by hul huis bui­te S­tel­len­bosch aan­kom, het Hen­ri van B­re­da met ’n hond bui­te die huis ge­sit.

Toe hy die slag­of­fers in die huis on­der­soek, het Chris­ti­aan Koe­ge­len­berg gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ge­tuig, het hy ge­vind Van B­re­da se 16-ja­ri­ge sus­ter, Mar­li, lewe nog.

Koe­ge­len­berg het sy reg­ter­hand in die hof op­ge­lig om te wys hoe hy daar­die dag vir sy kol­le­ga Mar­ko Jo­nes ge­wys het sy leef.

Koe­ge­len­berg sê hy het hom na bui­te ge­haas om ’n draag­baar te kry om Mar­li so gou moont­lik by ’n hos­pi­taal te kry.

Die po­li­sie moes eers fo­to’s

van die to­neel neem voor­dat Koe­ge­len­berg Te­re­sa (55) se lyk kon skuif om die draag­baar by Mar­li te kry.

“Die bloed het soos wa­ter ge­loop toe ons die lig­gaam skuif.”

Koe­ge­len­berg het ge­tuig dié to­neel was een van die erg­stes wat hy in 39 jaar ge­sien het.

Van B­re­da (22) ont­ken skuld op drie aan­klag­te van moord op sy ou­ers, Te­re­sa en Mar­tin (54), en sy broer, Ru­di (22), as­ook op aan­klag van po­ging tot moord op Mar­li.

Hy be­weer ie­mand het op 27 Ja­nu­a­rie by sy ou­er­huis in die De Zal­ze-land­goed in­ge­breek en sy ge­sin met ’n byl aan­ge­val.

Koe­ge­len­berg en Jo­nes was die eer­ste twee nood­diens­be­amp­tes wat om­streeks 07:40 na die huis ont­bied is.

“Ons is in­ge­lig dat daar ’n erns­ti­ge aan­ran­ding was en die po­li­sie het ons by die vei­lig­heids­hek in­ge­wag,” het Koe­ge­len­berg ge­sê.

“Al­les was deur­me­kaar. Ons is by die trap­pe op en het twee slag­of­fers bo by die trap­pe ge­vind. Daar was nog twee slag­of­fers in een van die ka­mers.”

Die staat het hom ge­vra om na ’n paar fo­to’s van die to­neel te kyk en vrae te be­ant­woord.

Bui­te die hof het Koe­ge­len­berg ge­sê dit het hom “hard ge­tref” om weer na die fo­to’s te kyk. Hy het ná die voor­val be­ra­ding ont­vang, maar was ver­lig om te weet dat Mar­li dank­sy hom en sy kol­le­ga die aan­val oor­leef het.

Die ge­tui­e­nis van Mar­cia Ros­souw, se­ku­ri­teits­be­stuur­der van die land­goed, is ook gis­ter af­ge­sluit.

Adv. Pie­ter Bo­tha, vir Van B­re­da, het ver­wys na die mis­daad­sta­tis­tie­ke op die land­goed tus­sen 2002 en 2013 en haar ge­vra of sy be­wus was van die 119 voor­val­le daar, waar­van 29 voor­val­le hui­sin­bra­ke was.

Ros­souw het ge­sê sy kan nie daar­oor kom­men­taar le­wer nie om­dat sy nie in daar­die tyd by De Zal­ze ge­werk het nie.

Die ver­hoor word van­dag voort­ge­sit.

Hen­ri van B­re­da sit el­ke dag in die hof en maak aan­te­ke­nin­ge ter­wyl die ge­tui­es ge­tuig. Fo­to’s: JA­CO MA­RAIS

Chris­ti­aan Koe­ge­len­berg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.