Ná maand kan sy net oë be­weeg

Dog­ter haal Pa­ton aan by pa se diens

Beeld - - Nuus - Ni­co Gous

By­na ’n maand na­dat ’n be­jaar­de vrou van Ger­mis­ton ’n aan­val oor­leef het waar­in haar man ver­moor is, kan sy steeds slegs kom­mu­ni­keer deur haar oë te knip en haar kop te knik.

Elai­ne (78) en John Lou­ver­dis (83) is die aand van 13 A­pril aan­ge­val na­dat ro­wers by hul huis in P­rim­ro­se Hill, Ger­mis­ton, in­ge­breek het.

Die ro­wers het Elai­ne se han­de met skoen­ve­ters vas­ge­bind en haar aan­ge­rand. Hul­le het John, wat met die eg­paar se agt­ja­ri­ge West High­land W­hi­te-ter­ri­ër, Miss Mol­ly, gaan stap het, in­ge­wag en hom ook aan­ge­rand.

Sy han­de is met skoen­ve­ters vas­ge­bind voor­dat hy ver­skeie ke­re met ’n mes ge­steek is. Hy is op die to­neel dood ver­klaar.

Die aan­val­lers het Elai­ne met ’n on­be­ken­de voor­werp op die kop ge­slaan. Sy het bloe­ding op

die brein op­ge­doen. Een van die ro­wers het ook op haar en­kel ge­staan en haar lin­ker­hand is be­seer toe die ro­wers haar trou­ring af­ge­pluk het.

’n Sel­foon is ook ge­steel. Miss Mol­ly is on­ge­deerd maar ge­trau­ma­ti­seerd ná die aan­val.

Die eg­paar se dog­ter, Lee-Ann (53), sê dis nog on­dui­de­lik hoe­veel ro­wers daar was, want haar ma kan nie praat of skryf nie.

Elai­ne was vroe­ër in ’n ge­ïn­du­seer­de koma om die bloe­ding op haar brein te laat sak.

“Sy is by haar be­wus­syn en her­ken my en my broer.”

Sy is tans in die waak­een­heid van ’n hos­pi­taal na­by Ger­mis­ton. Lee-Ann wou nie die naam van die hos­pi­taal be­kend maak nie om haar ma se pri­vaat­heid te be­skerm.

Op haar pa se ge­denk­diens by die Jo­han­nes­burg-bui­te­klub Sondag het Lee-Ann die skry­wer Alan Pa­ton aan­ge­haal.

“Cry my be­lo­ved coun­try, cry, want ek is baie hart­seer vir hier­die land.

“Haat het am­per ’n e­pi­de­mie in ons land ge­word en dit is on­ge­loof­lik hart­seer vir my dat die land op hier­die ma­nier ag­ter­uit­gaan.”

Lee-Ann sê haar pa het “die lewe tot die vol­ste ge­le­we”.

Lee-Ann en haar broer, A­lec (51), wat van Nieu-See­land af ge­vlieg het, fo­kus nou op Elai­ne se her­stel.

“Ek doen ’n be­roep op ou­er men­se om meer be­dag te wees op mis­daad, en as jy be­jaar­de ou­ers het, moet jy be­heer neem van die si­tu­a­sie. As hul­le moet trek om­dat hul­le ou­er word, moet jy al­les in jou ver­moë doen om dit te laat ge­beur, want hul­le word tei­kens.”

Nie­mand is nog weens die voor­val in heg­te­nis ge­neem nie.

Haat het am­per ’n e­pi­de­mie in ons land ge­word en dit is on­ge­loof­lik hart­seer vir my dat die land op hier­die ma­nier ag­ter­uit­gaan.

John en Elai­ne Lou­ver­dis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.