Pa­rys: Staat wil saak nie op TV laat uit­saai nie

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

Die moord­ver­hoor van ses mans in Pa­rys is weer ver­traag om­dat die staat die SAUK se aan­soek teen­staan om die ver­hoor uit te saai.

Die ses mans se reg­span staan die aan­soek ook teen.

Die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) het gis­ter ken­nis ge­gee dat hy stuk­ke wil in­dien om die aan­soek teen te staan.

Boe­ta van der West­hui­zen (47), An­ton Log­gen­berg (50), kapt. Henk Prins­loo (47), Loe­die van der West­hui­zen jr. (19), Mie­la Jansen van Vuur­en (23) en Cor Log­gen­berg (20) word van die moord op Sa­mu­el T­jixa en Si­mon Ju­be­ba aan­ge­kla.

Die aan­soe­ke sal van­mid­dag aan­ge­hoor word. Regter Cor­né van Zyl het ge­sê die hof­ver­rig­tin­ge sal voort­duur tot­dat die saak af­ge­han­del is, selfs al is dit bui­te ge­wo­ne ho­fu­re.

Die NVG is be­kom­merd dat som­mi­ge van die staat se ge­tui­es nie sal wil ge­tuig in ’n ver­hoor wat op te­le­vi­sie uit­ge­saai word nie. Die staat wil ’n groot ge­tal ge­tui­es roep en dit sal on­moont­lik wees om te ver­se­ker dat ge­tui­es nie op te­le­vi­sie hoor wat reeds in die hof ge­tuig is nie.

Die mans se ver­hoor spruit

uit ’n be­weer­de plaas­aan­val na­by Pa­rys op 6 Ja­nu­a­rie 2016.

Loe­die van der West­hui­zen sr. is glo deur ’n groep mans op sy plaas aan­ge­val. Hy het ’n

nood­knop­pie ge­druk, waar­na tal­le le­de van die ge­meen­skap hom te hulp ge­snel het.

Ju­be­ba en T­jixa is kort ná die voor­val aan­ge­keer.

Die twee is die­self­de dag aan erns­ti­ge be­se­rings dood en die staat voer aan die ses mans het hul­le aan­ge­rand en hul dood ver­oor­saak.

Boe­ta van der West­hui­zen (links) en An­ton Log­gen­berg lees van hul ver­hoor. Volks­blad gis­ter­og­gend voor die her­vat­ting Fo­to: A­LET VAN DER WALT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.