Drie reeks­ver­krag­ters van M’lan­ga in ar­res

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

’n Voor­ma­li­ge vei­lig­heids­wag is een van drie vermeende reeks­ver­krag­ters wat deur die po­li­sie in M­pu­ma­lan­ga in heg­te­nis ge­neem is.

Die man (32) word vol­gens b­rig. Le­o­nard Hla­thi, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, po­si­tief ver­bind met 39 sa­ke wat huis­roof­tog­te en ver­krag­ting in­sluit.

“Sy in­heg­te­nis­ne­ming volg ná ’n on­der­soek na tal­le klag­tes wat tus­sen 2009 en 2015 by Mhlu­zi, na­by Mid­del­burg, so­wel as Vos­man, na­by eMa­lahle­ni (Wit­bank), aan­han­gig ge­maak is.”

Hla­thi sê in al die ge­val­le het ’n man in­ge­breek ter­wyl die huis­men­se ge­slaap het, hul­le met ’n vuur­wa­pen aan­ge­hou, ver­krag en beroof.

“Die po­li­sie het die man in Ma­vil­jan-trust na­by Bos­bok­rand in heg­te­nis ge­neem. Hy word op 22 Mei in die rond­gaan­de hof in Del­mas ver­hoor.”

In eMa­lahle­ni het ’n vermeende reeks­ver­krag­ter (35) eer­gis­ter in die land­dros­hof ver­skyn.

“Die po­li­sie ver­bind hom met meer as 30 ver­krag­ting­sa­ke wat tus­sen 2004 en 2016 aan­ge­meld is,” sê Hla­thi.

Hy het met ge­weld toe­gang tot sy slag­of­fers se hui­se ver­kry voor­dat hy hul­le ver­krag en beroof het.

Hy ver­skyn weer op 15 Mei in die hof, han­gen­de ’n aan­soek om borg­tog.

In die­self­de hof sal ’n man (37) op 16 Mei op 18 aan­klag­te van ver­krag­ting ver­skyn.

Die sa­ke is tus­sen 2015 en 2016 aan­ge­meld.

Vol­gens Hla­thi het die ver­dag­te op slag­of­fers tus­sen 19 en 29 jaar jag ge­maak op die ou pad tus­sen eMa­lahle­ni en O­gies.

Al drie mans bly in aan­hou­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.