Hoë hof sê nee vir Nt­le­me­za se aan­soek

Beeld - - Nuus -

Die aan­soek in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria van lt.genl. Ber­ning Nt­le­me­za, voor­ma­li­ge Val­ke-be­vel­voer­der, vir ’n hof­be­vel teen die mi­nis­ter van po­li­sie, is gis­ter van die hof­rol ver­wy­der.

Regter Bill Prins­loo het Nt­le­me­za en die mi­nis­ter se regs­ver­teen­woor­di­gers ge­kas­ty om­dat hul hof­stuk­ke nie aan die prak­tyk­stan­daar­de vol­doen het nie. Al­bei par­tye het dit er­ken.

Hy het ge­sê hul­le kan die saak weer op die rol plaas wan­neer hul­le hul sa­ke mooi ag­ter­me­kaar het.

Nt­le­me­za wil die saak nou op die hof­rol van 16 Mei sit.

Nt­le­me­za wil met sy jong­ste regs­po­ging ’n be­vel kry so­dat Fi­ki­le M­ba­lu­la hom nie kan ver­hoed om met sy plig­te as hoof van die Val­ke voort te gaan nie, han­gen­de sy ap­pèl teen die be­slis­sing deur die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria dat hy nie ge­skik is om in dié pos te dien nie.

Lt.genl. Ber­ning Nt­le­me­za Fo­to: LUCKY NXUMALO

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.