Be­jaar­de eg­paar ‘te swak om te praat’ ná huis­roof­tog

Beeld - - Nuus - – Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

’n Be­jaar­de eg­paar van Kemp­ton Park word in die Ar­wyp­hos­pi­taal be­han­del na­dat huis­ro­wers hul­le Maan­dag­mid­dag aan­ge­rand het.

Die 81­ja­ri­ge vrou het erns­ti­ge kop­be­se­rings op­ge­doen en is in ’n kri­tie­ke toe­stand. Haar 87­ja­ri­ge man se be­se­rings is min­der erns­tig.

“Die slag­of­fers is nog te swak om met ons te kan praat. Dit is nie dui­de­lik hoe­veel men­se daar was nie. Ons weet ook nie of hul­le iets ge­steel het nie,” sê kapt. Le­si­ba­na Mo­lo­kom­me, po­li­sie­woord­voer­der.

Die ro­wers het om 17:00 by die huis in Ed­leen in Kemp­ton Park in­ge­breek.

’n Klag van po­ging tot moord is aan­han­gig ge­maak, maar meer klag­te kan by­ge­voeg word soos die on­der­soek vor­der.

Rus­sel Mei­ring, woord­voer­der van die ER24­nood­diens, sê le­de van die ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum het die nood­diens­te ont­bied.

“Die vrou het erns­ti­ge kop­be­se­rings en is in ’n kri­tie­ke toe­stand.”

Die po­li­sie­on­der­soek duur voort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.