Kaap na Rio in roei­boot

E­mo­si­o­ne­le aan­koms ná 8 200 km en 93 dae op o­se­aan

Beeld - - Nuus - De­ni­que S­mith

Twee Suid-A­fri­ka­ners wat so­wat drie maan­de ge­le­de ’n vaart van so­wat 8 200 km na Rio de Ja­nei­ro in Bra­si­lië aan­ge­pak het, is ver­lig om weer op land te wees.

Braam Mal­her­be en Way­ne Ro­bert­son het gis­ter om­streeks 15:00 (SuidA­fri­kaan­se tyd) in Rio aan­ge­kom. Hul­le het op 7 Fe­bru­a­rie uit Kaap­stad na Rio be­gin roei.

Dié vaart in ’n roei­boot was deel van die Ca­pe 2 Rio #DOTC­hal­len­ge, ’n pro­jek ter be­wus­ma­king van die mens se in­vloed op die pla­neet.

Mal­her­be sê hy was baie e­mo­si­o­neel en na aan tra­ne toe hul­le die Ko­nink­li­ke Rio de Ja­nei­ro-seil­jag­klub ge­na­der het.

“Na­ma­te ons die seil­jag­klub ge­na­der het, het ek am­per in tra­ne uit­ge­bars. Ek het be­sef hoe sterf­lik ek is. Ek sien uit daar­na om my twee­de boek te skryf en hier­die e­pie­se a­von­tuur met die wê­reld te deel.”

Bra­si­li­aan­se roei­ers het Mal­her­be en Ro­bert­son met Suid-A­fri­kaan­se vlag­gies ver­wel­kom.

#DOTC­hal­len­ge het hul aan­koms in Rio reg­streeks op hul Fa­ce­book-blad uit­ge­saai.

In dié reg­streek­se uit­sen­ding het Ro­bert­son die span wat die vaart moont­lik ge­maak het, be­dank vir hul

on­der­steu­ning.

“Baie dan­kie aan een en al­mal wat ’n by­drae tot hier­die vaart ge­le­wer het. Jul­le is ’n on­ge­loof­li­ke span. Jul­le weet wie jul­le is. Son­der jul­le sou ons dit nooit kon ge­doen het nie.

“Nou is dit tyd vir ’n warm stort en koue bier,” het Ro­bert­son ge­sê.

Die twee het die laas­te deel van hul vaart baie sterk ge­roei.

Vir Ro­bert­son was dit ook ’n e­mo­si­o­ne­le oom­blik toe hul­le in Rio aan­ge­kom het. “Ons was 93 dae lank al­leen.

Dit is baie oor­wel­di­gend en vreemd om weer men­se te sien. Dit is ’n baie e­mo­si­o­ne­le oom­blik vir my.”

Vol­gens Mal­her­be is die vaart iets wat hy nou op sy wens­ly­sie kan af­merk.

“Ek sal dit nie weer doen nie. Ek het my lewe in ge­vaar ge­stel en ek is dank­baar om nog te lewe. Al my e­ner­gie gaan nou in be­slag ge­neem word om men­se in te lig oor die be­lang­rik­heid van die be­sker­ming van ons pla­neet.”

Die Ko­nink­li­ke Rio de Ja­nei­ro­seil­jag­klub maak ge­reed vir Mal­her­be en Ro­bert­son se aan­koms. Fo­to’s: FA­CE­BOOK

Braam Mal­her­be en Way­ne Ro­bert­son het so­wat 8 200 km ge­roei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.