50 vas ná twee dae van be­to­gings in die sui­de van Goud­stad

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

Meer as 50 men­se is die af­ge­lo­pe twee dae in heg­te­nis ge­neem ge­du­ren­de be­to­gings in El­do­ra­do­park en K­lip­town in Jo­han­nes­burg.

Lt.kol. Lun­ge­lo Dla­mi­ni, po­li­sie­woord­voer­der, sê mis­da­di­gers het die be­to­gings ge­bruik om on­der­ne­mings te plun­der, ei­en­dom te be­ska­dig en o­pen­ba­re or­de te ver­steur.

Nog in­heg­te­nis­ne­mings kan ver­wag word, sê hy.

Die in­wo­ners be­toog oor ’n te­kort aan be­hui­sing en werk­ge­leent­he­de.

Die be­to­gings het gis­ter na En­ner­da­le uit­ge­kring waar on­te­vre­de in­wo­ners die R557-pad met bran­den­de mo­tor­ban­de en klip­pe ver­sper het.

Col­lin Kaas­bert (50), ge­meen­skaps­lei­er, sê in­wo­ners is moeg vir leë be­lof­tes.

“Her­man Mas­ha­ba (Jo­han­nes­burg­se bur­ge­mees­ter) was teen hier­die tyd ver­le­de jaar hier en hy het ons hui­se be­lo­we. So, dis ’n ri­tu­eel om in Mei vir hui­se te be­toog.”

Kaas­bert sê daar was die af­ge­lo­pe 30 jaar geen ont­wik­ke­ling in die ge­meen­skap nie.

Vol­gens G­wen­de­li­ne A­brams, ’n in­wo­ner, is werk­loos­heid on­der die jeug ook ’n pro­bleem.

“Dit is juis hoe­kom hul­le dwelms ge­bruik en s­teel.”

Die in­wo­ners het ge­sê hul­le sal aan­hou be­toog tot­dat die re­ge­ring sy be­lof­te oor be­hui­sing na­kom.

Die po­li­sie het die s­ka­re by ver­skeie ge­leent­he­de uit­een­ge­jaag deur met rub­ber­koe­ëls op hul­le los te brand.

Dla­mi­ni sê die po­li­sie is ont­plooi om die ge­meen­skap­pe te mo­ni­tor.

N­di­vhu­wo Ga­di­si, woord­voer­der van die Gau­teng­se LUR vir ge­meen­skaps­vei­lig­heid, sê sy het die pro­vin­si­a­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris ge­vra om nog le­de van die een­heid vir o­pen­ba­re or­de te ont­plooi om kalm­te te hand­haaf in die ge­bie­de wat ge­raak is.

’n Vryskut­joer­na­lis is gis­ter ty­dens ’n ge­weld­da­di­ge be­to­ging in En­ner­da­le deur be­to­gers ge­pak toe sy ’n vi­deo wou neem.

P­riya Ran­chod, wat vir on­der meer Jo­zi FM werk, het ’n vi­deo ge­neem ter­wyl ’n pas­toor die ge­meen­skap toe­ge­spreek het.

Die pas­toor het Ran­chod ge­vra om die vi­deo te skrap.

Ran­chod het ge­sê sy doen net haar werk.

Die be­to­gers het haar weg­ge­jaag.

Ran­chod sê sy was woe­dend om­dat sy ge­meen­skap­pe soos En­ner­da­le on­der­steun so­dat hul stem­me ge­hoor kan word.

Die po­li­sie het Ran­chod na haar mo­tor ver­ge­sel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.