Eer­ste bur­ger gee ho­tel R70 000 per maand

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

In­wo­ners van Em­fu­le­ni er­vaar ’n diens­kri­sis weens ’n ge­brek aan geld, ter­wyl Si­mon Mofo­keng, Em­fu­le­ni se bur­ge­mees­ter, maan­de­liks tot R70 000 aan huur- en ont­haal­geld aan die S­ha­ke­spea­re-ho­tel in Van­der­bijl­park be­taal.

Dit het aan die lig ge­kom in ant­woor­de op skrif­te­li­ke vrae wat King­sol C­ha­ba­la­la, DA-lid van die Gau­teng­se wet­ge­wer, daar­oor aan die de­par­te­ment van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke ge­vra het.

Dit blyk uit die ant­woor­de dat Mofo­keng sy bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­le­de ge­reeld in die S­ha­ke­spea­re-ho­tel ont­haal. Hy hou glo ook ver­ga­de­rings met “on­te­vre­de in­wo­ners” daar.

C­ha­ba­la­la sê hy dring aan op re­des waar­om Mofo­keng, wat “’n he­le blok mu­ni­si­pa­le kan­to­re” in die mid­de­dorp van Van­der­bijl­park het, nog ka­mers (kan­to­re) in die S­ha­ke­spea­re­ho­tel ook huur.

Die DA in die Gau­teng­se wet­ge­wer doen daar­om ’n be­roep op Bar­ba­ra C­ree­cy, LUR vir fi­nan­sies, om in te gryp in die sa­ke van die ban­krot Em­fu­le­ni.

C­ha­ba­la­la het gis­ter ge­sê Em­fu­le­ni se geld­sa­ke is in so ’n skok­ken­de toe­stand dat die plaas­li­ke o­wer­heid nou self er­ken hy kan nie meer be­hoor­lik diens­te aan die in­wo­ners le­wer nie.

Hy sê wan­be­stuur en ver­keer­de fi­nan­si­ë­le be­slui­te is die re­des waar­om die Em­fu­le­ni-mu­ni­si­pa­li­teit in duie ge­stort het.

Ter­wyl sko­le en kli­nie­ke nou die ri­si­ko loop om son­der wa­ter te moet be­staan, huur Mofo­keng se­dert hy by­na twee jaar ge­le­de bur­ge­mees­ter ge­word het dié klomp “pri­va­te” kan­to­re in die S­ha­ke­spea­re-ho­tel.

Die be­drag wat hy tot dus­ver be­stee het, be­loop by­na R350 000.

Vol­gens C­ha­ba­la­la het Mofo­keng, toe hy van 2011 tot 2014 bur­ge­mees­ter van Se­di­beng was, R2 086 000 vir die­self­de ge­rie­we in die ho­tel be­taal.

S­tan­ley Ga­ba, woord­voer­der van die mu­ni­si­pa­li­teit, het Maan­dag er­ken Em­fu­le­ni het ’n “kri­sis­punt” be­reik en dat hy ban­krot is.

Em­fu­le­ni kan dus nie meer diens­te, soos skoon wa­ter, e­lek­tri­si­teit of vul­lis­ver­wy­de­ring, aan sy in­wo­ners waar­borg nie. Boon­op het Rand Wa­ter die wa­ter­druk na die mu­ni­si­pa­li­teit met 20% in­ge­perk om druk op hom te plaas ten ein­de sy skuld van meer as R311 mil­joen te be­taal.

C­ha­ba­la­la sê be­ne­wens die mas­sie­we skuld aan Rand Wa­ter is Em­fu­le­ni R114 mil­joen aan E­s­kom ver­skul­dig.

Si­mon Mofo­keng Fo­to: JABU KUMALO

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.