‘R100 000 vir be­wy­se dat grond ge­steel is’

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Die land­bou-or­ga­ni­sa­sie TLU SA het R100 000 be­loof aan e­nig­ie­mand wat bo re­de­li­ke twy­fel kan be­wys dat e­ni­ge kom­mer­si­ë­le boer of lid van TLU SA sy grond we­der­reg­te­lik be­kom het.

Die or­ga­ni­sa­sie se uit­voe­ren­de ko­mi­tee sê hy is moeg vir be­skul­di­gings dat boe­re die land se grond ge­steel het en dat dit die re­de is waar­om al hoe meer stem­me op­gaan dat grond son­der ver­goe­ding ont­ei­en moet word.

Lou­is Mein­tjes, pre­si­dent van TLU SA, sê lui­dens ’n ver­kla­ring dit is be­lang­rik dat daar eens en vir al­tyd dui­de­lik­heid oor die saak ver­kry word.

“Daar word al­e­wig al­ler­han­de vae be­skul­di­gings in dié ver­band ge­maak, maar nie­mand kon nog met e­ni­ge kon­kre­te be­wy­se van die dief­stal van grond vo­ren­dag kom nie.

“Daar­om het TLU SA be­sluit om ’n be­lo­ning van R100 000 aan te bied aan e­nig­ie­mand wat bo re­de­li­ke twy­fel kan be­wys dat e­ni­ge kom­mer­si­ë­le boer of lid van TLU SA sy grond ge­steel het.”

Hy wys daar­op dat ei­en­doms­reg sta­bi­li­teit ver­skaf en die grond­slag vir e­ko­no­mie­se groei is.

“Son­der ge­son­de ei­en­doms­reg sal alle an­der reg­te ook bloot ver­val. Tog word ons ei­en­doms­reg met ’n leu­en van ‘dief­stal’ erns­tig be­dreig ter­wyl daar geen be­wy­se be­staan dat e­ni­ge grond ‘ge­steel’ is nie.

“Al­mal wat glo in e­ko­no­mie­se groei, werk­skep­ping en ar­moe­de­ver­lig­ting moet nou daad­werk­lik saam­staan en die erns­ti­ge be­drei­ging van po­pu­lê­re leu­ens weer­staan.

“Ons kan nie toe­laat dat on­waar­he­de aan­hou om die rig­ting te be­paal nie,” sê Mein­tjes.

Lou­is Mein­tjes

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.