‘Be­vei­lig Pta­mid­de­stad en lok só be­leg­gers’

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

Die uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter van Tshwa­ne wil met sy ver­nu­wings­plan vir die P­re­to­ri­a­se mid­de­stad be­leg­gings van R10,8 mil­jard lok.

Die mid­de­stad sal eg­ter eers be­vei­lig moet word om dit te kan be­reik.

Sol­ly M­si­man­ga het dié plan gis­ter in Cen­tu­ri­on be­kend ge­stel.

Hy is vol hoop dat dié be­leg­gers­droom deur die ver­nu­wing van die mid­de­stad ver­we­sen­lik sal word.

“Die ver­nu­wings­plan is nie só op­ge­stel om die werk van in­for­me­le han­de­laars en an­der on­der­ne­mings in die mid­de­stad te on­der­druk nie, maar eer­der om ’n om­ge­wing te skep wat in­wo­ners en toe­ris­te na die stad lok.”

Ge­boue wat ag­ter­uit­ge­gaan het en nie meer ge­skik is vir hul aan­vank­li­ke doel nie, of wat on­be­woon­baar is, is vir die stad ’n groot pro­bleem.

Dit lei tot ’n on­ge­son­de en on­vei­li­ge om­ge­wing, ont­sier die stad en skep ge­leent­he­de vir mis­da­di­gers.

“Elk­een ver­dien om in ’n goeie om­ge­wing te bly.”

Die me­tro sal op­tree teen ei­e­naars wat toe­laat dat hul ge­boue ver­val­le raak.

“Ons waar­sku af­we­si­ge ver­huur­ders om hul sa­ke in or­de te kry en vir diens­te te be­taal.”

Die Tshwa­ne-me­tro­po­li­sie en die af­de­lings vir e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling en ruim­te­li­ke be­plan­ning sal saam met die pri­va­te sek­tor werk om hul kun­dig­heid te ge­bruik om ver­la­te ge­boue, on­wet­ti­ge krag- en wa­ter­ver­bin­dings, dwelm­ver­wan­te mis­daad, on­wet­ti­ge on­der­ne­mings en die oor­tre­ding van mu­ni­si­pa­le re­gu­la­sies te pak.

“Ons wets­toe­pas­sings­a­gent­skap­pe sal op­tree teen die ei­e­naars van ge­boue wat on­be­woon­baar is en ge­boue wat ver­val­le raak.”

Der­rick Kiss­oon­duth, bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir ge­meen­skaps­vei­lig­heid, sê die veld­tog is on­der meer daar­op ge­mik om wets­ge­hoor­saam­heid te be­vor­der.

Sol­ly M­si­man­ga Fo­to: SAMSON RATSWANA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.