Vier leeus ge­vang, al pla a­gies

Men­se ig­no­reer waar­sku­wings

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

“S­joe, God is won­der­lik dat hy al die die­re ge­maak het,” sê Ou­pa N­gunts­ha­ne ter­wyl hy oor die ver­doof­de leeu streel.

Die leeu­man­ne­tjie is die eer­ste van die vier ont­snap­te leeus wat gis­ter te­rug­ge­vind is. Die vyf­de leeu wat saam met die an­der uit die Kru­ger­wild­tuin ont­snap het, is nog soek.

N­gunts­ha­ne, ’n ver­koops­be­stuur­der van ’n koel­drank­maat­skap­py in Ko­ma­ti­poort, het spe­si­aal na die soek­ge­bied na­by die dorp ge­ry. “Ek is bly die leeus word ver­doof en nie dood­ge­skiet nie so­dat my kin­ders en klein­kin­ders hul­le te sie­ne kan kry.”

Ter­wyl he­li­kop­ters gis­ter­mid­dag in die lug ge­sir­kel en ’n leeu met ’n doof­pyl ge­skiet is, was daar tal­le nuus­kie­ri­ge om­stan­ders.

“Kyk, daar skiet hy,” het ’n vrou in ’n pas­tel­kleu­ri­ge he­kel­top­pie uit­ge­roep toe die he­li­kop­ter laag bo­kant die toe­skou­ers ge­sir­kel het.

Daar was la­ter so­veel om­stan­ders langs die R571 dat ver­sper­rings om die bak­kie ge­span is wat die leeu moes ver­voer. Dit het min ge­help.

Die s­ka­re het die bak­kie ge­storm­loop met selfone om­hoog. Een man het ’n sel­f­ie saam met die leeu ge­neem voor­dat hy van die bak­kie af­ge­spring het.

Bo-op die bak­kie het die sweet dr. Mar­kus Hof­meyr, hoof­vee­arts van San­par­ke, af­ge­tap. “Ons pro­beer ons bes om die leeus te vang, maar dis moei­lik.”

Die groot o­pen­ba­re be­lang­stel­ling het die werk ver­der be­moei­lik.

’n Lid van die soek­ge­sel­skap wat nie met die me­dia mag praat nie, sê: “Ge­woon­lik vang ons ont­snap­te wild son­der veel aan­dag. Die druk van al die men­se hier kan ver­oor­saak dat ons fou­te be­gaan.”

Teen 16:30 het die soek­tog uit­ge­brei in die rig­ting van die N4 en 15 mi­nu­te la­ter is nog ’n leeu ver­doof.

Men­se het steeds on­danks vroe­ër waar­sku­wings bui­te hul voer­tuie die op­tre­de ga­de ge­slaan, min we­tend dat ’n leeu ag­ter ’n bos kan uit­spring.

Die laas­te leeu is in ’n aan­gren­sen­de sui­ker­riet­land ge­soek, maar teen son­on­der is die soek­tog weens swak lig af­ge­las.

“Dit is al­mal jong leeu­man­ne­tjies wat waar­skyn­lik uit hul trop ge­skop is,” sê Ike P­haahla, woord­voer­der van San­par­ke.

Ont­snap­te wild uit die wild­tuin is in die om­ge­wing nie vreemd nie.

Die Ko­ma­ti­ri­vier, ’n na­tuur­li­ke grens met die wild­tuin, is tans laag.

“Ons het ver­le­de week vyf buf­fels hier ver­doof en te­rug­ge­neem park toe,” sê P­haahla.

Die eer­ste leeu is langs die T-aan­slui­ting van die R571 na Ma­nan­ga en die N4 na die Le­bom­bo-grens­pos ge­kry.

“Ons is be­sorg dat die leeus oor die lae hei­ning kan spring na die aan­gren­sen­de sui­ker­riet­lan­de,” sê b­rig. Le­o­nard Hla­thi, po­li­sie­woord­voer­der.

Die leeus het vroe­ër ’n boer se koei ge­vang.

P­haahla sê die boer kan ver­goe­ding vir sy koei eis, mits hy nie ook ver­goe­ding van sy ver­se­ke­ring eis nie.

Oor of die jong leeus dalk ’n lus vir bees­vleis ont­wik­kel het, sê P­haahla dit is ’n mi­te dat leeus ’n smaak vir ’n be­paal­de soort vleis ont­wik­kel.

Die leeus is Maan­dag vir die eer­ste keer ge­waar en te­rug­ge­jaag wild­tuin toe.

Om­streeks 00:30 gis­ter het Mo­ses E­li­as K­ho­za hom boeg­lam ge­skrik toe hy drie van die leeus langs die pad sien.

“Ek was op pad huis toe toe ek die leeus sien. Ek het on­mid­del­lik die po­li­sie in Le­bom­bo ver­wit­tig.”

Sa­lig on­be­wus van die groot be­lang­stel­ling in hom lê een van die ver­doof­de leeus ag­ter op ’n bak­kie op pad te­rug na die Kru­ger­wild­tuin. Fo­to: A­LET JOU­BERT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.