Bo­mont­plof­fings ruk T­hai­land

Beeld - - Wêreld­beeld -

Min­stens 50 men­se is be­seer, on­der wie twee van hul­le in ’n kri­tie­ke toe­stand is, na­dat bom­me gis­ter voor ’n su­per­mark in T­hai­land ont­plof het.

’n Mi­li­tê­re woord­voer­der het die voor­val in die T­hai­se stad Pat­ta­ni be­ves­tig.

Die eer­ste bom is glo in ’n vrag­mo­tor ge­plant.

Vol­gens ver­skeie nuus­bron­ne was die eer­ste bom­ont­plof­fing voor die in­gang van die Big C-su­per­mark, ge­volg deur ’n twee­de, gro­ter ont­plof­fing op die­self­de plek.

Die aan­val is ver­moe­de­lik deur Mos­lem-op­stand­groe­pe in die sui­de van die hoof­saak­lik Boed­dhis­tie­se land uit­ge­voer, sê Re­wat S­ri­chan­tub, Pat­ta­ni se ad­junk­po­li­sie­hoof.

Vol­gens oog­ge­tui­es het die ver­dag­tes die vrag­mo­tor voor die win­kel­sen­trum ge­par­keer.

Kort daar­na het hul­le vuur­werk aan die brand ge­steek en dit in die win­kel ge­gooi voor­dat hul­le van die to­neel weg­ge­hard­loop het.

Geen sterf­tes is aan­ge­meld nie.

Die de­ka­de lan­ge op­stand in die groot­liks et­nie­se Ma­lei­sie­se Mos­lem-pro­vin­sies Pat­ta­ni en Na­ra­thi­wat het al meer as 6 500 men­se se dood se­dert 2004 ver­oor­saak, sê die mo­ni­te­rings­groep Deep South Wa­tch.

Aan­val­le in die sui­de van T­hai­land het die af­ge­lo­pe jaar toe­ge­neem.

Ver­le­de maand het die re­ge­ring ’n aan­bod van vre­de­sa­me­spre­kings deur een van die hoof­re­bel­le­groe­pe, Ba­ri­san Re­vo­lu­si Na­si­o­nal, van die hand ge­wys.

Die groep het aan­ge­dring op in­ter­na­si­o­na­le be­mid­de­ling.

Red­dings­wer­kers wer­skaf bui­te die su­per­mark in Pat­ta­ni, T­hai­land, waar twee bo­mont­plof­fings vroe­ër 50 men­se be­seer het. Fo­to: REU­TERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.