S­Ko­rea wys li­be­ra­le Moon aan

Hy wil Noor­de an­ders be­na­der

Beeld - - Wêreld­beeld -

Die li­be­ra­le po­li­ti­kus Moon Ja­ein is die wen­ner in die SuidKo­re­aan­se pre­si­dents­ver­kie­sing, blyk uit uit­gangs­pei­lings gis­ter.

Sy oor­win­ning is ver­wag en be­ëin­dig by­na ’n de­ka­de van kon­ser­wa­tie­we re­ge­ring en dui die be­gin van ’n ver­soe­nen­de be­na­de­ring tot Noord-Ko­rea aan.

’n Beslis­sen­de oor­win­ning deur Moon met meer as 40% van die stem­me in ’n ver­kie­sing waar­aan 13 kan­di­da­te deel­ge­neem het, be­ëin­dig maan­de van po­li­tie­ke be­roe­ring se­dert die par­le­ment be­sluit het om pres. Park Geun-hie in ’n staat van be­skul­di­ging te plaas oor ’n groot kor­rup­sie­skan­daal.

Sy het in Maart die eer­ste de­mo­kra­ties ver­ko­se lei­er van die land ge­word wat uit haar amp

ver­wy­der is en ’n op­vol­ger in ’n ver­kie­sing aan­ge­wys moes word.

Na­dat die uit­slag van die uit­gangs­pei­lings gis­ter be­kend ge­maak is, het Moon, ge­kleed in ’n don­ker­blou pak k­le­re en blou das, glim­lag­gend han­de ge­skud met on­der­steu­ners en par­ty­amp­te­na­re op pad na ’n ver­ga­de­ring van sy De­mo­kra­tie­se Par­ty.

“As ons wen, is die oor­win­ning toe te skryf aan die des­pe­raat­heid van die men­se wat ’n re­ge­rings­ver­an­de­ring wil hê,” het hy aan le­de van die par­ty ge­sê.

“Ons sal die twee ta­ke wat ons op­ge­lê is – her­vor­ming en na­si­o­na­le een­heid wat die men­se van hier­die land wil hê – uit­voer.”

Moon (64) het sy kon­ser­wa­tie­we teen­stan­der, die voor­ma­li­ge staats­aan­kla­er Hong Joon-pio, met 41,4% teen­oor 23,3% van die stem­me ge­klop, blyk uit drie TV-net­wer­ke se pei­lings.

Moon sal na ver­wag­ting van­dag in­ge­hul­dig word na­dat die amp­te­li­ke ver­kie­sings­uit­slag be­kend ge­maak is. Hy sê hy gaan nie ’n oor­da­di­ge in­hul­di­gings­pleg­tig­heid hou nie en da­de­lik aan die werk spring. Hy sal waar­skyn­lik gou ’n pre­mier en ka­bi­nets­le­de aan­wys.

Moon, wat in die vo­ri­ge pre­si­dents­ver­kie­sing in 2012 net-net teen Park ver­loor het, is ten guns­te van di­a­loog met Noor­dKo­rea om die span­ning oor dié land se kern- en mis­siel­pro­gram te ver­lig ter­wyl druk op die buur­land met sank­sies vol­ge­hou word. Hy wil ook mag­ti­ge fa­mi­lie­be­heer­de kon­glo­me­ra­te, soos Samsung en Hyun­dai, her­vorm en meer be­stee om werk te skep.

Sy par­ty be­klee net 40% van die 299 se­tels in die par­le­ment en hy sal dus an­der li­be­ra­le en sen­tris­tie­se par­tye se steun moet kry om wet­te deur te voer, sê ont­le­ders.

Fo­to: AP

Moon Jae­in

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.