Sy’t Wit­huis ge­waar­sku oor F­lynn, Rus­se

Beeld - - Wêreld­beeld - – Reu­ters

Sal­ly Ya­tes, voor­ma­li­ge waar­ne­men­de A­me­ri­kaan­se mi­nis­ter van jus­ti­sie, sê sy het die Wit­huis in Ja­nu­a­rie ge­waar­sku dat Mi­cha­el F­lynn – in daar­die sta­di­um die na­si­o­na­le vei­lig­heids­ad­vi­seur – ge­kom­pro­mit­teer is en kwes­baar is vir Rus­sie­se af­per­sing.

Ya­tes het Maan­dag voor ’n ge­reg­te­li­ke sub­ko­mi­tee van die se­naat ge­tuig in ’n ver­hoor wat hoof­saak­lik op F­lynn fo­kus en nie veel lig ge­werp het op an­der as­pek­te van on­der­soe­ke na be­we­rings dat Rus­land in­ge­meng het in die A­me­ri­kaan­se pre­si­dents­ver­kie­sing in 2016 en dat daar sa­me­span­ning was tus­sen Mo­s­kou en pres. Do­nald Trump se ver­kie­sings­veld­tog nie.

Ya­tes het na be­rig word ge­wei­er om be­son­der­he­de van die on­der­soek in ’n o­pen­ba­re fo­rum te be­spreek.

Ja­mes Clap­per, voor­ma­li­ge di­rek­teur van na­si­o­na­le vei­lig­heid, het ook ge­tuig en sê hy staan by sy vroe­ë­re stand­punt dat hy nie e­ni­ge be­wy­se ge­sien het van so­da­ni­ge sa­me­span­ning nie. Hy het ook ge­wei­er om kom­men­taar te le­wer op ge­klas­si­fi­seer­de aan­ge­leent­he­de.

Ya­tes was ’n kort ruk­kie aan die stuur van die A­me­ri­kaan­se de­par­te­ment van jus­ti­sie tot­dat Trump haar op 30 Ja­nu­a­rie in die pad ge­steek het na­dat sy ge­wei­er het om die reis­ver­bod op se­we Mos­lem-meer­der­heids­lan­de te hand­haaf.

Sy het op 26 Ja­nu­a­rie, skaars ’n week ná Trump se in­hul­di­ging, aan Don M­cGahn, die Wit­huis se regs­ad­vi­seur, ge­sê F­lynn het nie die waar­heid ver­tel oor sy kon­tak met Rus­land se am­bas­sa­deur in Washing­ton nie.

In haar eer­ste o­pen­ba­re uit­la­tings oor die aan­ge­leent­heid het Ya­tes ge­tuig sy was bang Mo­s­kou sou pro­beer om F­lynn af te pers om­dat Mo­s­kou ook ge­weet het F­lynn was nie eer­lik oor sy ge­sprek­ke met am­bas­sa­deur Ser­gei Kis­li­ak oor A­me­ri­kaan­se sank­sies teen Rus­land nie.

F­lynn, ’n af­ge­tre­de ge­ne­raal, het die kern van die on­der­soe­ke na die Rus­se ge­word.

Rus­land ont­ken e­ni­ge sa­me­span­ning in die ver­kie­sing en die Trump-ad­mi­nis­tra­sie ont­ken ook e­ni­ge be­we­rings van dié aard met Rus­land.

Fo­to: AP

Sal­ly Ya­tes

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.