S­tads­hoof kry 2 j. vir gods­las­te­ring

Beeld - - Wêreld­beeld - – Reu­ters

Die Chris­te­li­ke goe­wer­neur van D­ja­kar­ta, hoof­stad van In­do­ne­sië, is gis­ter tot twee jaar tronk­straf ge­von­nis weens gods­las­te­ring.

Dit is ’n swaar­der von­nis as wat ver­wag is wat kri­ti­ci vrees Isla­mis­te sal aan­spoor om se­ku­la­ris­me ver­der uit te daag in In­do­ne­sië, die land met die groot­ste Mos­lem-meer­der­heid ter wê­reld.

Ba­su­ki T­ja­ha­ja Pur­na­ma, al­om be­kend as A­hok, is skul­dig be­vind en ge­von­nis te mid­de van kom­mer oor die toe­ne­men­de in­vloed van Isla­mis­tie­se groe­pe, wat mas­sa­be­to­gings ge­re­ël het in ’n on­stui­mi­ge ver­kie­sings­veld­tog, waar­in Pur­na­ma nie her­kies is nie.

Pres. Jo­ko Wi­do­do is ’n bond­ge­noot van Pur­na­ma, ’n et­nies C­hi­ne­se Chris­ten, en die uit­spraak is ’n te­rug­slag vir die re­ge­ring, wat ra­di­ka­le groe­pe pro­beer on­der­druk en be­leg­gers pro­beer ge­rus­stel dat die land se se­ku­lê­re waar­des nie be­dreig word nie.

Ter­wyl dui­sen­de on­der­steu­ners en teen­stan­ders bui­te die hof ge­wag het, het hoof­reg­ter D­wi­ar­so Bu­di San­ti­ar­to ge­sê die hof het be­vind Pur­na­ma “het in­ge­vol­ge wet­ge­wing on­ge­twy­feld ’n straf­reg­te­li­ke daad van gods­las­te­ring ge­pleeg”.

Pur­na­ma het aan­ge­dui dat hy ap­pèl gaan aan­te­ken.

Hy is aan­ge­kla na­dat hy ge­sê het gees­te­li­kes het ’n teks in die

Ko­ran ge­bruik om kie­sers te mis­lei deur te sê hul­le mag nie vir ’n Chris­ten stem nie.

Hy het ge­sê hy het nie die Ko­ran ge­kri­ti­seer nie, maar gees­te­li­kes se ver­tol­king daar­van.

C­har­les San­ti­a­go, voor­sit­ter van die Ver­e­ni­ging van Suid­oosA­si­a­tie­se lan­de (A­se­an) se Par­le­men­ta­ri­ërs vir Men­se­reg­te, ver­oor­deel die be­slis­sing en sê dit laat vre­se ont­staan oor In­do­ne­sië se toe­koms as ’n oop, ver­draag­sa­me, di­ver­se sa­me­le­wing en be­dreig die land se po­si­sie as lei­er op die ge­bied van de­mo­kra­sie en o­pen­heid in die streek.

Ge­skok­te en woe­den­de on­der­steu­ners van Pur­na­ma het bui­te die tronk ver­ga­der en sê hul­le sal daar bly tot­dat hy vry­ge­laat word.

Pur­na­ma in die hof. Fo­to: REU­TERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.