Wat is voor­heen al in Suid­A­fri­ka ge­vind?

Beeld - - Nuus -

Suid­A­fri­ka het van die ryk­ste ho­mi­nied­ter­rei­ne ter wê­reld.

In 1924 is die Taung­kind (Aus­tra­lo­pit­he­cus a­fri­ca­nus) deur dr. Ray­mond Dart in die he­den­daag­se Noord­wes ont­dek. Hy het ge­wys die ho­mi­nied het reg­op ge­loop en die tan­de was mo­der­ner – die lang slag­tan­de van ’n aap het ont­breek. Dit was die eer­ste be­wys van ’n ho­mi­nied uit A­fri­ka.

Dr. Ro­bert Broom was vas­be­slo­te om te be­wys Dart was reg. Hy het Mev. P­les in 1947 by S­terk­fon­tein in die he­den­daag­se Wieg van die Mens­dom ont­dek. Broom het Mev. P­les aan­vank­lik P­le­si­anthro­pus trans­vaal­en­sis ge­doop, maar by na­de­re on­der­soek het hy ge­vind dit is ook ’n Au. a­fri­ca­nus en haar toe ge­her­klas­si­fi­seer.

Litt­le Foot (Aus­tra­lo­pit­he­cus pro­met­he­u­sis) is in 1997 in die Sil­ber­berg­grot by S­terk­fon­tein deur prof. Ron Clark ge­vind. Dié fos­siel is so­wat 2,8 mil­joen jaar oud. Prof. P­hil­lip To­bi­as het ook van dié fos­sie­le by Ma­ka­pans­gat in die he­den­daag­se Lim­po­po ge­kry.

Hon­der­de an­der Au. a­fri­ca­nus­fos­sie­le is oor die ja­re heen in die Wieg van die Mens­dom in Gau­teng ge­vind. In 2008 het prof. Lee Ber­ger ’n nu­we spe­sie in Mar­o­peng in die Wieg ont­dek. Aus­tra­lo­pit­he­cus se­di­ba wat 1,97 mil­joen jaar oud is, het al meer as 1 000 fos­sie­le op­ge­le­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.