Die we­ten­skap is mag­te­loos teen ’n glim­lag

Beeld - - Kommentaar - Wil­helm Jor­daan

Dit is al tot ver­ve­lens toe ge­sê dat die Mo­na Li­sa, Le­o­nar­do da Vin­ci se be­roem­de skil­de­ry, ’n e­nig­ma­tie­se glim­lag het, ge­laai met on­se­ker­heid by die ky­ker: Is sy ge­luk­kig of be­droef? Ter­gend ge­heim­sin­nig? Ver­ra­der­lik vrou? En­so(be­spie­ge­lend)voort.

Wat se­ker is, is dat ’n glim­lag – dié wat ons on­ge­skil­der­de ge­wo­nes el­ke dag sien (of nie) en el­ke dag aan­wend (of nie) – ’n krag­ti­ge ge­baar is. Daar is vir my niks mooi­ers as my vrou se glim­lag wan­neer sy my sien as ek te­rug­kom van die een of an­der sen­ding nie.

Die oor­rom­pe­len­de een­voud daar­van: Sy is bly om my te sien. Haar glim­lag laat my die son sien, son vien­te vol­gens my ver­draai­de Spaans. Die “glim”-deel van die “lag” sê dit al­les: ’n gloed wat af­gee en straal.

En ek ont­hou ’n ge­dig van E.E. Cum­mings oor ’n pa van wie ge­sê word: no crip­ple wouldn’t creep one mi­le / uphill to on­ly see him smi­le.

Ge­leer­des ken die we­ten­skap van ’n glim­lag. Wat­ter ge­sig­spie­re saam­trek of ont­span wan­neer jy bloot ’n “so­si­a­le” glim­lag op­dis; een wat die mond­hoe­ke be­heer en skyn­vrien­de­lik is

(die “zy­go­ma­ti­cus ma­jor”). Nog ’n be­lang­ri­ke spier is die

“or­bi­cu­la­ris o­cu­li” wat die oog­bal om­ring en maak dat ’n

“eg­te” glim­lag óm en ín jou oë só op­kom dat die an­der mens weet: Jy glim­lag mét hom of haar om­dat die mens en die oom­blik kos­baar is, of iets ver­ras­sends in­hou.

Dit is die fe­no­me­no­lo­gie van ’n glim­lag wat die mis­tiek van ver­ruk­li­ke dog on­peil­ba­re kom­mu­ni­ka­sie dra.

On­langs kom ek ’n skryf­stuk deur Alan Lig­ht­man in ’n we­ten­skap­tyd­skrif teë waar­in hy die we­ten­skap en die mis­tiek van glim­lag teen­oor me­kaar stel.

Ver­kort tot en­ke­le pa­ra­gra­we só: ’n Man en ’n vrou staan by ’n klein ha­we en kyk na die bran­ders. Hul­le is nog nie be­wus van me­kaar nie. Dan draai die man en kyk na haar. Lig wat van haar lyf af weer­kaats, val eens­klaps op sy oë se pu­pil­le teen ’n tem­po van 10 000 mil­jard par­ti­kels lig per se­kon­de. Deur die pu­pil­le gaan die lig deur ’n o­vaal­vor­mi­ge lens, dan deur ’n deur­sig­ti­ge jel­lie­ag­ti­ge stof wat die oog­bal vul, en be­land op die man se re­ti­na waar dit ver­sa­mel word deur ’n 100 mil­joen sta­fies en ke­ël­tjies.

Ver­de­re in­ge­wik­kel­de bi­o­che­mie­se ge­beu­re wat “sien” moont­lik maak, vind plaas. En ná 30 sekondes sê die vrou hoor­baar “hal­lo”. On­mid­del­lik pers lug­mo­le­ku­les saam wat van die vrou se stem­ban­de af kom en be­reik die man se ore bin­ne ’n 50ste van ’n se­kon­de op ’n af­stand van ses me­ter.

Nuus van die “hal­lo” be­reik, in e­lek­tro­nie­se vorm, die man se se­re­brum waar die lig- en klank­prik­kels ver­der ver­werk word. Na­tri­um en ka­li­um­hek­ke maak oop en toe. E­lek­trie­se im­pul­se ver­snel langs neu­ron­ve­sels. Mo­le­ku­le vloei van een se­nu-eind­punt na die vol­gen­de. As’t wa­re, ’n neu­ro­na­le span­nings­ver­haal.

Dít al­les is din­ge wat ons weet. Wat ons nie weet nie, is waar­om, ná on­ge­veer een mi­nuut, die man na die vrou toe stap. En hy glim­lag.

Die een­voud daar­van: Sy is bly om my te sien. Haar glim­lag laat my die son sien . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.