Co­li­gny wys ons kort weer die 1990’s se lei­ers

Beeld - - Kommentaar -

Al­hoe­wel die spo­ra­die­se uit­breek van ge­weld oor diens­le­we­ring die laas­te ja­re ’n al­ge­me­ne ver­skyn­sel in Suid-A­fri­ka ge­word het, het die ge­beu­re in Co­li­gny in Noord­wes die land tot stil­stand ge­skok.

Die woe­lin­ge en ge­weld in die dorp draai tans rond­om die dood van Mat­l­ho­mo­la Mos­weu (16) en die ver­hoor van die be­skul­dig­des oor sy be­weer­de moord, Pie­ter Doore­waard en P­hil­lip S­chut­te.

Alle aan­dui­dings is dat die dood van Mat­l­ho­mo­la plaas­ge­vind het in ’n reeds vlam­ba­re at­mos­feer waar­in daar in die gro­ter streek stem­ming ge­maak is vir pro­tes oor diens­le­we­ring.

Sy dood was die vet in die vuur. En dit het vin­nig ont­wik­kel in ’n pro­tes teen ras­sis­me met wraak­aan­val­le op ei­en­dom van wit in­wo­ners.

In so ’n plof­ba­re si­tu­a­sie kon Suid-A­fri­ka nog al­tyd re­ken op die kal­me­ren­de in­vloed van lei­ers oor die spek­trum heen.

Daar­om is dit ’n laag­te­punt vir ver­ant­woor­de­li­ke lei­er­skap dat Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, Noord­wes se ANC-pre­mier, die seun se be­graf­nis ge­bruik het vir roe­ke­lo­se en op­rui­en­de uit­spra­ke waar­in hy ras­se­ver­de­ling be­klem­toon het. Sy be­na­de­ring kom nie as ’n ver­ras­sing nie, aan­ge­sien hy deel van pres. Ja­cob Zu­ma se bin­ne­kring is waar die be­sluit reeds ge­neem is om die ras­se­tam­boer te slaan.

Daar­om het land­dros Ma­ga­o­la Fo­so se op­mer­king in sy uit­spraak oor borg­tog – dat die staat tans nie ’n sterk saak teen die be­skul­dig­des het nie – klaar­blyk­lik as ’n skok vir die ge­meen­skap ge­kom. Dit pas nie in by die prent­jie wat Ma­hu­ma­pe­lo oor die saak pro­beer skets het nie.

Suid-A­fri­ka kort ’n d­rin­gen­de te­rug­keer na die ver­ant­woor­de­li­ke, uit­ne­men­de lei­er­skap en vre­des­pro­ses­se van die ja­re ne­gen­tig. Ho­pe­lik sal die Men­se­reg­te­kom­mis­sie die pre­mier se uit­spra­ke en op­tre­de deeg­lik be­oor­deel. Om al­mal in plat­te­land­se boer­de­ry­ge­meen­skap­pe, selfs dié met kon­ser­wa­tie­wer waar­des, deur die bank van ras­sis­me te be­skul­dig, is mis­plaas.

Maar selfs te mid­de van ver­sleg­ten­de vei­lig­heids­toe­stan­de moet boe­re en an­der hul­le daar­van weer­hou om eie reg te ge­bruik. Dit be­vor­der die plan­ne van die­ge­ne wat graag ’n groot­skaal­se ras­se­ge­skil wil skep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.