Noord­wes­pre­mier sweep s­ka­re op

Beeld - - Kommentaar -

I­zak S­mal­man, Bail­lie­park

Die pre­mier van Noord­wes, Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, het die af­ge­lo­pe Sondag die be­graf­nis van Mat­l­ho­mo­la Mos­weu (die seun wat in die Co­li­gny oor­le­de is) vir po­li­tie­ke doel­ein­des mis­bruik.

Die on­lus­te in Co­li­gny, as­ook die be­graf­nis van die seun, kon nie vir die pre­mier op ’n be­ter tyd­stip ge­kom het om die aan­dag van die re­ge­ring in Noord­wes se swak diens­le­we­ring weg te lei nie.

Hy het op die be­graf­nis reeds ver­kon­dig dat die twee boe­re skul­dig is en aan die hof voor­ge­skryf wat om te doen ty­dens die borg­to­gaan­soek.

Die s­ka­re wat Maan­dag aan die oor­kant van die hof saam­ge­drom het, was dui­de­lik in ’n ver­woe­de bui.

Die helf­te van hier­die men­se was skool­kin­ders, van wie baie op voe­ding­ske­mas staat­maak om kos in hul mae te kry. Die s­ka­re het net op die hof­uit­spraak ge­wag voor­dat hul­le tot ak­sie oor­ge­gaan het.

Hul be­plan­ning was goed, daar­om het hul­le in groe­pe op­ge­breek en ge­lyk­ty­dig op ver­skil­len­de plek­ke toe­ge­slaan.

’n Boer se huis word af­ge­brand bloot om­dat sy plaas die­self­de naam het as die plaas waar die oor­le­de­ne in heg­te­nis ge­neem is.

Die e­nig­ste dok­ter in die dorp se huis word ver­woes, waar­om weet ek nie. ’n In­di­ër-sa­ke­man se huis word af­ge­brand.

Of die be­skul­dig­des borg­tog toe­ge­staan is al dan nie, die s­ka­re was op­ge­sweep en ge­reed vir ge­weld, want hul­le wou nie die pre­mier te­leur­stel nie.

Ter­loops, Sa­nef moet da­rem nie die op­tre­de van die ge­trau­ma­ti­seer­de boer van Co­li­gny met dié van die on­te­vre­de men­se van Vu­wa­ni ver­ge­lyk nie.

Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo Fo­to: SU­SAN CIL­LIERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.