Gaan Ab­sa ‘ge­wo­ne men­se’ ook help?

Beeld - - Kommentaar -

Jan Louw, Lan­ge­baan

Ek skryf na aan­lei­ding van die be­rig on­der die op­skrif “Ab­sa gaan oud-Bok ver­goed ná be­drog” (Beeld, 04.05).

Ek is ’n Ab­sa-kli­ënt en ook die slag­of­fer van be­drog.

Die ma­nier waar­op Ab­sa my be­han­del het, was om die min­ste te sê ab­so­luut on­aan­vaar­baar.

Ab­sa se be­drog­hulp­lyn het my klag­te van dag een af ge­ïg­no­reer.

Ek moes by Ab­sa se klag­te­lyn gaan aan­klop om re­ak­sie te kry.

Dit was ook van dag een af dui­de­lik dat hul­le al­les in hul ver­moë sal doen om aan­spreek­lik­heid te ont­duik.

Ná ’n groot ge­suk­kel het ek met my per­soon­li­ke ban­kier in ver­bin­ding ge­tree vir hulp.

Ook hier was ek nie suk­ses­vol nie.

Dit was ver­bly­dend om in bo­ge­noem­de be­rig te lees dat Ab­sa die ver­se­ke­ring ge­gee het dat hy deur­gaans aan sy in­ter­net­vei­lig­heid werk.

Ek sien nog twee kli­ën­te se om­stan­dig­he­de word on­der­soek en dat “die kwes­sie” met al­bei uit­ge­klaar is.

Hul­le is se­ker­lik ook be­ken­de of be­lang­ri­ke men­se.

Ek is tans af­ge­tree, maar het 30 jaar lank in die fi­nan­si­ë­le sek­tor ge­werk.

Ek is op die hoog­te van die streng wet­ge­wing wat hier­die sek­tor re­gu­leer.

Die te­rug­voe­ring wat ek van Ab­sa ont­vang het, was ab­so­luut on­aan­vaar­baar.

Dit kom daar­op neer dat hul­le geen be­heer het ten op­sig­te van re­ke­nin­ge wat aan­lyn oop­ge­maak word nie.

Die i­dee daar­van laat my ha­re reg­op staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.