Is dit Stil Bul se sin­droom?

Beeld - - Kommentaar -

Cal­lie Eloff, Leeu­poort

Die Flou Bul­le kry die na­week ’n lie­der­li­ke loe­sing. Maar in Maan­dag se Beeld haal die treur­ma­re nou­liks e­ni­ge dek­king op die sport­blaaie.

In­teen­deel, pleks van ’n ont­le­ding van en ver­slag oor dié “ver­loor­stryd”, word ’n hof­li­ke re­laas deur die Cru­sa­der-af­rig­ter aan­ge­bied. Van in­sig­ge­wen­de be­rig­ge­wing deur die spor­t­joer­na­lis sélf is daar wei­nig spra­ke.

Deur die fo­kus na al­ge­me­ne rug­by­kom­men­taar te ver­plaas, word die slag­ting op die rooi ma­de­lie­fie nie so pyn­lik ge­stel nie.

Mis­kien kan dit maar toe­ge­skryf word aan ’n “Stil Bul”-sin­droom – wén is ál­les; oor ver­lóór praat ’n mens lie­wer nie! Die eens trot­se Blou Bul-ma­sjien, hul on­der­steu­ners en nou blyk­baar ook hul rug­by­skry­wers het as’t wa­re die stil­te van ont­ken­ning op­ge­soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.