Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Middelblad - SMS’e kos R1,50

V Wit men­se in Suid­A­fri­ka lewe voor­spoe­dig op die ge­leent­he­de wat in die vo­ri­ge be­de­ling moont­lik ge­maak is. An­ders sou die duur voer­tuie, va­kan­sie­hui­se en oor­se­se rei­se min men­se be­sko­re ge­wees het. Die lewe ná 1994 is nie so sleg nie en vir die se­we ma­er ja­re nou is heel­wat nog in die bank ge­bê­re. – Coert V Jo­han­nes Fro­ne­man, my vraag aan jou is: Aan wié se kant is jy met jou link­se uit­spra­ke? Het jy kin­ders of klein­kin­ders op die NWU? Is jy Kg­wa­di se la­kei? – And­rea van Vuur­en V N­kand­la: Geen amp­te­naar word ver­volg nie. Dis nou mos kos vir adv. Ger­rie Nel.

– Pie­ter S­teyn, Roo­de­poort V Co­li­gny: In­dien die borg­to­gaan­soek in M­ma­batho plaas­ge­vind het, kon dit baie pro­ble­me voor­kom het. – HC, P­re­to­ria V Weer eens kom die reg­bank tot die land se red­ding deur land­dros Ma­ga­o­la Fo­so van Co­li­gny. Maak die man ’n regter. – Al­len S­mit V Dit is hoog tyd dat die po­li­sie hul hand­skoen­tjies uit­trek en teen die van­da­le op­tree.

– Wol­lie, Bos­hoek V Hof­fie van Pa­rys, jy is reg. Ma­le­ma sal ons bes­te pre­si­dent wees. Ons sal ook nie grond­be­las­ting be­taal nie, want hy sal ons hui­se vat. – Ber­tie S­mith V Die re­ge­ring kla om­dat al hoe min­der be­soe­kers van buur­lan­de, ver­al Zim­bab­we, hier­heen kom. Die re­de is na­tuur­lik dat hul­le reeds hier woon. – Ba­sie V Ek stem saam met Le­ser (28.04). Laat ons elk­een ons ryk­dom deel met die arm­ste van ar­mes oor alle g­ren­se heen. Die re­sul­ta­te maak jou ’n wen­ner. – Chris V Hoe het ons mans die vroue dan nou so af­ge­skeep dat hul­le vol­gens na­vor­sing ’n ge­son­de ha­re­dos bo ’n ak­tie­we seks­le­we ver­kies?

– Angs­ti­ge Al­wyn V Ge­luk aan T­re­vor No­ah met sy MTV­prys. Hy moet gou te­rug­keer Suid­A­fri­ka toe. Ons kort ie­mand wat ons weer kan laat lag, want dit lyk of tan­nie E­vi­ta en Le­on S­chus­ter al hoe stil­ler word. – Gaynor S­mit V Kort die land nie ’n heel­te­mal nu­we po­li­tie­ke par­ty nie? Met heel­te­mal nu­we lei­ers en ’n heel­te­mal nu­we be­leid nie? Ons is moeg vir die hui­di­ge klomp. – Werner V Ek is ge­skok om te sien Zim­bab­we skuld E­s­kom R118 mil­joen vir krag. Wat nog? – Flip V Ek wil net vir T­wak­kies reg­help. ’n S­ta­ti­o­na­ry vehi­cle is eint­lik ’n stil­staan­de voer­tuig. – A­drie, Boks­burg­Noord V Die Bruid van die Jaar­kom­pe­ti­sie het my net weer laat be­sef hoe din­ge deur die ja­re ver­an­der het! Waar is die bruid met ’n ge­waad wat toe­ge­knoop is tot by die ken, lang moue met net hand­jies wat uit­steek en ’n wit slui­er wat die op­ge­won­de ver­wag­ting moes ver­bloem!

– Ou Zann V Ar­ti­kel oor pla­ne­te: Jan Bui­ten­dag, ge­niet jou fik­sie en bring be­wy­se as jy sê dit is nie fik­sie nie. En moe­nie weg­skram deur die ses­dae­skep­ping by te sleep nie. Ek het nooit daar­na ver­wys nie. – Loui V Ger­hard Ver­doorn se ver­tel­ling in Beeld oor die wit­kruis­a­ren­de was ’n groot pa­sel­la. Dan­kie tog vir die na­tuur en sy won­der­wer­ke! – Le­ni V Dan­kie, Ger­hard Ver­doorn! My dag be­gin met ver­won­de­ring oor God se skep­ping deur jou woor­de va­nog­gend (gis­ter): Teen die bar­re kran­se ’n nu­we be­lof­te! – C V Dan­kie vir Ger­hard Ver­doorn en Pe­tro Han­sen se mooi A­fri­kaans van­dag (gis­ter) in Beeld.

– I­zak, Pot­chef­stroom V Voet­spo­re: Hoe­kom by Suid­A­fri­ka­ners gaan kui­er en eet? Ek wil lie­wer die nu­we land wat hul­le be­soek, er­vaar. – Kort­broek V Stem 100% saam met Toon oor Voet­spo­re, maar die erg­ste is hoe daar by el­ke maal­tyd deur die “kos­huis­va­der” Jo­han vir sy seuns op­ge­skep word. – Sak­kie, Al­ber­ton V Boer soek ’n vrou: Ek sien nie een is ’n hunk nie. Nog­maals sterk­te vir jul­le. – Kit­ty V Dis on­reg­ver­dig dat jul­le Nol­lis so krui­sig. Net goeie spe­lers kan ’n span laat wen. – Oom Piet V Kan Naas Bo­tha en Vic­tor Mat­field as­se­blief aan­meld om die Bul­le af te rig? Dit lyk my hul­le het ’n wen­plan. – BB V Adriaan, wees ’n man en stap saam met Nol­lis weg. Jy het jou beurt ge­had. – Steeds ’n Bul V Al wat die des­tyd­se Noord­Trans­vaal (Blou

Bul­le) goed laat ver­toon het, was die spe­lers wat land­wyd deur die po­li­sie en die weer­mag in P­re­to­ria ge­plaas is. – Man­ne­tjie V Mis­kien is dit tyd dat die Blou Bul­le van Af­fies se spe­lers oor­kant die straat kies. Sleg­ter kan dit tog nie gaan nie! – Jan van Gaal­en V My dog­ter is van ’n baie jong ou­der­dom af ’n Leeu­on­der­steu­ner. Se­dert die dae toe dit nog Trans­vaal was. Sy het hul­le deur dik en dun by­ge­staan. Ná al die ja­re het haar lo­ja­li­teit oor­win­nings op­ge­le­wer. So daar is dalk hoop vir die Bul­le. – A­mil­da, Kru­gers­dorp V Ko­maan, be­swaar­des, laat ons ’n veld­tog met plak­ka­te “Nol­lis must fall” voor Lof­tus be­gin! – Te­leur­ge­steld V Ja, die Leeus bly wen teen die Aus­sies. Wan­neer hul­le teen een van die Ki­wi­span­ne wen, kan jul­le be­gin saam­praat. – Blou Bul V Hey­ne­ke Mey­er, kom red! – Re­a­lis

T­re­vor No­ah

Adriaan S­trauss

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.