Ver­soe­ning is pad na nu­we be­stem­ming

Beeld - - Middelblad - Reg­gie Nel

Een van die 21ste eeu se groot te­o­loë, Ro­bert S­chrei­ter, wor­stel ja­re met die werk­lik­heid van ver­skeurd­heid en ge­wa­pen­de kon­flik in ver­skeie lan­de en be­skryf ver­soe­ning dan on­der meer as ’n pad van he­ling, maar dan ook die skep­ping van iets to­taal nuuts uit so­wel die slag­of­fer as die kwaad­doe­ner.

Hier­die he­ling is nie die te­rug­keer na die sta­tus quo voor­dat die ver­skeurd­heid in­ge­tree het nie, eer­der neem dit al­mal na ’n nu­we plek – ’n plek wat hul­le hul­le nie kon ver­beel nie.

Die woe­de en naak­te ag­gres­sie in ons po­li­tie­ke kul­tuur, die leu­ens en be­drog, is simp­to­ma­ties van die on­be­taal­de re­ke­ning van ver­soe­ning en ge­ne­sing. Oop won­de wat sweer. Die vraag is eg­ter, hoe nou ver­der?

Ek wil op die vraag dan aan­slui­ting vind by die vars i­ni­si­a­tief vir ’n na­si­o­na­le di­a­loog deur ver­skeie lei­ers. Dit is hier­die soort lei­er­skap wat aan­sluit by die in­sig­te van S­chrei­ter. Die na­si­o­na­le di­a­loog sluit aan by die soe­ke na ver­soe­ning en he­ling. Mis­kien, so lyk dit vir my, is die re­de waar­om ons op hier­die oom­blik vas­haak en die oop won­de ver­sweer om­dat ons baie keer aan ver­soe­ning dink in ter­me van ge­leent­he­de.

Vir som­mi­ge van ons is dit maar bloot nog ’n po­li­tie­ke by­een­koms, die uit­koms van ’n ver­ga­de­ring, ’n ge­denk­dag, of ’n ge­beds­dag op die plaas; vir an­der is dit oor daar­die dag op die sport­veld toe ons die oor­win­ning be­haal het. Ons kon die ver­soe­ning aan­voel. Dis daar­die ge­leent­heid. Ons het ’n dag en ’n da­tum.

Om eg­ter aan ver­soe­ning te dink as ’n pad of pro­ses van he­ling, bring ’n an­der per­spek­tief. Dit maak ons han­de en har­te oop vir die toe­koms. Ons stap ’n nu­we pad met me­kaar.

Ge­praat van saam­stap, die twee­de as­pek van S­chrei­ter se verstaan waar­op ek wil fo­kus, is die in­sig dat die eind­be­stem­ming vir al­mal on­be­kend is. Nie een van ons kan dus die an­der uit­sluit nie, want ons is al­mal op pad na ’n to­taal nu­we be­stem­ming.

Ter­wyl be­lei­de soos die Na­si­o­na­le Ont­wik­ke­lings­plan en die vi­sies en stra­te­gieë van ons in­stel­lings ’n breë raam­werk bied vir waar­heen ons op pad is, is dit eg­ter so dat hier­die plan­ne in­ge­bed is in diep mens­li­ke ver­hou­din­ge en ons per­soon­li­ke ka­rak­ter­ei­en­skap­pe. Dit is deur­slag­ge­wend vir suk­ses­vol­le im­ple­men­te­ring en be­stuur.

Ons weet mos nou al: Om ’n goeie be­leid te for­mu­leer be­te­ken nie dat dit doel­tref­fend be­stuur word nie. Dit gaan dus ten diep­ste oor die o­pen­heid om met me­kaar te soek na ons nu­we be­stem­ming an­der­kant die pyn, mag­te­loos­heid en die bit­ter ver­le­de.

Dus, die nu­we i­ni­si­a­tief vir in­klu­sie­we di­a­loog o­pen die moont­lik­heid om hier­die pad met me­kaar te stap. Dit be­loof om die droom van ’n nie­ras­si­ge, nie­sek­sis­tie­se en vol­hou­ba­re tuis­te vir al­mal ’n werk­lik­heid te maak.

Maar dit moet nie bloot op na­si­o­na­le vlak tus­sen po­li­tie­ke lei­ers ge­beur nie. ’n Pad saam moet ook be­ge­lei word in an­der in­stel­lings soos op ons kam­pus­se, op die skool­ter­rein, in die huis, kerk, mos­kee, tem­pel, op ons sport­vel­de, in ons brie­we­ko­lom­me, op so­si­a­le me­dia. Dis in die oop ruim­tes en ruig­tes waar die pad van ge­ne­sing vir ons ont­vou.

Kom ons val in die pad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.