Goeie Nuus

So groei jy gees­te­lik

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

Geen ou­er staan een keer per jaar voor hul kin­ders met die op­drag “groei 3 cm in die vol­gen­de jaar of daar’s moei­lik­heid” nie.

Groei ge­beur or­ga­nies. Ons kan nie­mand ver­plig om te groei nie. Dit geld ook in ons ge­loofs­le­we. Ons kan dit nie af­dwing nie, maar ons kan ons­self wel in die reg­te si­tu­a­sies plaas wat groei be­vor­der. Ons kan die reg­te gees­te­li­ke kos in­neem. In 1 Pe­trus 2:1-3 moe­dig Pe­trus ons juis aan om na God te smag soos wat pas­ge­bo­re ba­ba­tjies na melk smag, so­dat ons reg kan op­groei.

Die reg­te soort groei is om boos­heid, ja­loe­sie en kwaad­pra­te­ry af te lê soos wat vers 1 sê, maar ook om te groei in die reg­te ken­nis van God. Hier­die ken­nis hou ver­band met die we­te dat God goed is.

Groei in die He­re is om weg te groei van self­sug­ti­ge en lief­de­lo­se ge­drag na ’n gro­ter hon­ger­te vir God se teen­woor­dig­heid.

Groei is om toe te neem in er­va­rings­ken­nis dat God goed is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.