Nu­we al­bum is ‘O­kay!’

Groep maak mu­siek waar­van hul self hou

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man

Met Die Heuwels Fan­tas­ties se vyf­de al­bum, O­kay!, gaan die groep voort om die soort mu­siek te maak wat die le­de van die groep graag self wil hoor.

“En ho­pe­lik sal aan­han­gers ook aan­klank vind daar­by,” sê Pier­re G­reeff, wat saam met Hun­ter Ken­ne­dy, F­red den Har­tog en S­hel­don Yo­ko die groep Heuwels uit­maak.

Dié al­bum volg op Ja. Nee. Lek­ker., wat ein­de 2014 uit­ge­reik is.

Die ti­tel kom uit li­rie­ke van een van die son­gs op die al­bum. “Ons het rond­ge­speel met die ti­tel en baie daar­oor ge­dink.”

Die li­rie­ke van die song “Ge­bruik my” lui on­der meer: “Jy lê en slaap met die TV aan, maar ek is o­kay mees­te van die tyd.” Dis die woor­de, sê G­reeff.

Die vo­ri­ge al­bum­ti­tels het ook eg A­fri­kaan­se uit­druk­kings ge­had, soos on­der meer Wil­der as die wild­tuin.

G­reeff meen men­se ken hier­die woor­de en voeg by: “Ek praat al­tyd van die du­a­li­ty in ver­hou­dings. Daar is al­tyd twee kan­te. In A­fri­kaans is dit twee­spalt. Dis wat jy voel, en wat sy voel of hy voel. Ek het dit eint­lik gis­ter ge­goo­gle, die A­fri­kaans vir du­a­li­ty is twee­spalt. Daai song cap­tu­re dit nog­al vir my.

“Dis iets in die volks­mond. Dis die spreek­buis van die taal. Die woord o­kay is iets wat alle men­se ken en wê­reld­wyd verstaan.

“Van ál die al­le­daag­se goed wat men­se sê, is o­kay so half die ul­ti­ma­te. Dis die her­ken­baar­ste woord in die heel­al. Of, dís wat Wi­ki­pe­dia sê.”

Toe Heuwels die ti­tel ge­kies het, het die groep ook oor­weeg wat goed vir han­dels­mer­ke sal wees. “Jy weet, hoe dit by­voor­beeld op T-hem­de sal lyk en so aan. Dis iets waar­oor al­mal praat. Ons het ’n klomp na­me rond­ge­gooi en dís die een waar­van ons ge­hou het.”

Die groep se eer­ste al­bum, Die Heuwels Fan­tas­ties, het in 2009 ver­skyn.

“Vir se­ker is hoe aan­han­gers ’n nu­we al­bum sal er­vaar ’n oor­we­ging vir ons,” sê Ken­ne­dy. “Ons al­bums is ge­woon­lik ’n sa­me­stel­ling van die goed waar­na ons self ook luis­ter.”

Hul­le sal graag die punt wil be­reik waar hul­le maan­de­liks ’n nu­we lied­jie uit­reik, maar dit sal nog ’n ruk duur.

Die kom­po­nis Ja­ni­ne Neeth­ling

het op vier of vyf van die lied­jies kla­vier ge­speel. Jan­nie “Ha­ne­poot” van Ton­der van die

Ge­re­for­meer­de Blu­es Band speel die trom­boon. Dit is heel eer­ste op die al­bum te hoor.

Hul­le het al met ver­skeie an­der mu­si­kan­te saam­ge­werk.

“We try and ser­ve the son­gs we wri­te,” sê G­reeff.

Ken­ne­dy voeg by: “Met O­kay! was dit taam­lik or­ga­nies. Ons het baie ge­jam.

“Daar is by­voor­beeld twee son­gs, ‘Laas­te rond­tes’ en ‘Jy sit hier langs my’, wat so half die­self­de li­rie­ke het. Ons vat die son­gs en sit dit deur ver­skil­len­de pro­ses­se. En uit­ein­de­lik sit ons toe met twee weer­ga­wes en be­sluit om al­bei op te sit.”

Hul­le luis­ter na uit­een­lo­pen­de mu­siek en word na­tuur­lik daar­deur beïnvloed.

Hul­le hou baie van die snit “Koe­ël­baai”, wat hul­le saam met die rap­per JR doen. G­reeff sê: “Ek dink dit is ons guns­te­ling op die al­bum. Ons het lank ge­le­de ook saam met JR ge­werk. Met die braai­dag­lied­jie. Ons het hom ge­mis en wou weer saam­werk. JR se rap-vers be­gin ‘I re­a­li­se damn I’m in­spi­red’ en dís wat hy vir ons pro­beer sê het.

“Vir hom om van Jo­zi af te kom en in S­tel­len­bosch tus­sen die ber­ge met sy tjom­mies te sit . . . Hy het weer be­sef hoe­kom hy in die eer­ste plek tu­nes maak.”

Ken­ne­dy sê daar is iets lek­kers aan die on­mid­del­lik­heid van rap.

“JR het daar in­ge­kom en die eer­ste ta­ke op die mi­kro­foon, dís die een op die al­bum. Ons hoop net an­der men­se hou ook daar­van.”

Tog meen Ken­ne­dy en G­reeff men­se het nie net een soort mu­siek­smaak nie. Hul­le hou van dans­mu­siek, maar ’n bal­la­de het men­se dik­wels net so­veel in ver­voe­ring. “Ons is ’n e­klek­tie­se na­sie,” is G­reeff se slot­som.

S­hel­don Yo­ko, F­red den Har­tog, Pier­re G­reeff en Hun­ter Ken­ne­dy van Die Heuwels Fan­tas­ties. Fo­to: AN­DRÉ BA­DEN­HORST

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.