Kuns­te­naar be­kyk wit vrou in ‘Wis­te­ria’

Beeld - - Kuns & Vermaak - A­man­da Bo­tha

Dis dalk die eer­ste keer dat daar in Suid-A­fri­kaan­se kuns spe­si­fiek aan­dag ge­gee word aan die po­si­sie van die wit Suid-A­fri­kaan­se vrou.

Hoe daar oor haar ge­dink word en hoe sy in Suid-A­fri­ka en haar per­soon­li­ke ruim­tes fi­gu­reer, is die fo­kus van Jes­si­ca Web­ster (36), ’n Jo­han­nes­burg­se kuns­te­naar. Haar eer­ste Kaap­se uit­stal­ling word by die Good­man-ga­le­ry aan­ge­bied.

“Ek het reeds as stu­dent by die Mi­cha­e­lis-kuns­skool (by die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad) aan die po­si­sie van die wit vrou be­gin dink. Die te­ma het my toe­ne­mend ge­boei,” sê Web­ster.

Ter­wyl ons deur die ga­le­ry be­weeg en by el­ke skil­de­ry ver­toef, deel sy ge­dag­tes oor hoe sy oor die wit vrou in Suid-A­fri­ka dink. In die pa­tri­ar­ga­le wê­reld, meest­al in die ou po­li­tie­ke be­de­ling, is die vrou as ’n rand­fi­guur be­skou, ie­mand wat nie in die pro­fes­si­o­ne­le wê­reld ge­ag is

nie. Nou, in ’n nu­we po­li­tie­ke di­na­mi­ka, is die klem op hoe sy teen ge­weld van bui­te be­skerm kan word. Sy be­vind haar in ’n on­se­ke­re po­si­sie met ve­le per­sep­sies en voor­oor­de­le wat Web­ster in haar werk ver­ken.

As 24-ja­ri­ge was Web­ster die slag­of­fer van ge­weld toe daar twee maal op haar en haar des­tyd­se ver­loof­de ge­skiet is. On­be­ken­des het in die ver­by­gaan op haar by haar ou­er­huis ge­skiet en haar B­rit­se ver­loof­de is ge­tref toe hy haar te hulp ge­snel het. Hy het kort daar­na na B­rit­tan­je te­rug­ge­keer. Web­ster is nou in ’n rol­stoel.

“Na­dat ek uit die hos­pi­taal ge­kom het, het my ou­ers my vir ’n mees­ters­graad by Wits in­ge­skryf en ek het da­de­lik met klas­se be­gin. Ek moes die trau­ma ver­werk en uit my ge­stel weer, maar die be­lang­rik­ste vir my is dat ek weer sin­vol as kuns­te­naar kon voort­gaan,” sê sy.

Sy het haar mees­ters­graad ver­werf en ein­de Mei han­dig sy haar dok­to­ra­le te­sis in.

In 2015 het sy die Op­pen­hei­mer­trust-beurs ont­vang as­ook die Mel­lon-stig­ting se na­graad­se beurs, wat aan haar as kuns­te­naar er­ken­ning gee én die ver­dien­ste­lik­heid van haar a­ka­de­mie­se werk er­ken. Met haar vyf­de uit­stal­ling en bloot­stel­ling op die New York­se en die Lon­den­se F­rie­ze Art Fairs word toe­ne­mend

na haar ver­wys as dié jong kuns­te­naar om dop te hou.

In twee vo­ri­ge so­lo-uit­stal­lings – I K­new You in This Dark (2009) en Mur­de­rer (2015) – het sy spe­si­fiek na trau­ma ge­kyk.

“Ek was in ’n don­ker, ver­la­te plek en ek moes vre­de maak met ’n re­ë­le er­va­ring van ge­weld en ver­min­king. Ek het aan­be­weeg en kan nou an­ders dink en nuut na die er­va­ring kyk,” sê sy.

Die slag­of­fer­e­ti­ket hang dui­de­lik nie om haar nek nie.

In haar hui­di­ge werk on­der die ti­tel Wis­te­ria, word sy die toe­skou­er van gro­ter ruim­tes as dit wat haar as ge­strem­de tot haar tuin­mu­re be­perk. Sy ver­ken ruim­tes van die jeug­di­ge on­ge­bon­den­heid wat sy eens be­woon het.

Die ti­tel ver­wys na ’n uit­heem­se plant wat in Suid-A­fri­kaan­se tui­ne ge­woon­lik langs grens­mu­re en tuin­hek­kies ge­plant word.

Dit word ’n her­in­ne­ring aan die skoon­heid van Eu­ro­pe­se tui­ne. Fo­ne­ties word ook die woord “hys­te­ria” op­ge­roep wat Sig­mund F­reud met psi­go­lo­gie­se on­der­druk­king en neu­ro­ses in vroue ge­as­so­si­eer het.

Web­ster sien dit as ste­re­o­ti­pes wat aan wit vroue toe­ge­dig word – as so­wel prooi as pro­vo­ka­teur.

On­be­wus­te­lik word dit as die vei­lig­ste be­skou om sul­ke fi­gu­re (wit vroue) in ’n be­sker­men­de mil­ieu soos die Suid-A­fri­kaan­se voor­ste­de­li­ke tui­ne te “ver­steek”.

Op hier­die in­spi­re­ren­de uit­stal­ling is ’n mens ook on­der die in­druk van Web­ster se wy­er ver­wy­sings­wê­reld wat vroeë Eu­ro­pe­se mo­der­nis­te in­sluit wat vroue in e­te­rie­se po­si­sies in tui­ne plaas.

In haar teg­niek is daar ver­wy­sings ten op­sig­te van op­per­vlak en kom­po­si­sie wat aan die tui­ne van die Fran­se mees­ters Clau­de Mo­net en Je­an-É­dou­ard Vuil­lard her­in­ner.

Haar werks­wy­se is boei­end. Sy be­gin met fo­to’s wat ge­ne­rie­se Suid-A­fri­kaan­se voor­ste­de­li­ke to­ne­le soos swem­bad­dens en gras­per­ke uit­beeld. Sy verf soort­ge­ly­ke to­ne­le oor die fo­to’s met o­lie­verf en in­ge­bran­de was (ge­woon­lik ge­bruik in brand­skil­der­glas­werk) wat die in­druk skep dat die skil­de­ry en fo­to in­me­kaar vloei. Soms word die was baie dik aan­ge­wend en an­der ke­re word dit heel­te­mal af­ge­skraap.

In ’n reeks swart skil­de­rye wys sy as skil­der waar­toe sy teg­nies in staat is. “Dit is eint­lik om deur teg­nie­se vaar­dig­heid met an­der skil­ders in ge­sprek te tree,” sê Web­ster.

Sy kan te­vre­de voel met wat sy hier be­reik het. Teg­nies en sti­lis­ties is dit ’n krag­toer wat ve­le haar sal be­ny.

Web­ster se werk spreek diep tot ’n mens – daar is baie vrae, nie al­tyd ant­woor­de nie, maar ge­wis ook ’n es­te­tie­se er­va­ring wat jou lank sal by­bly.

■ Don­der­dag 18 Mei sal Jes­si­ca Web­ster ’n be­ge­lei­ding van Wis­te­ria aan­bied in die Good­man­ga­le­ry, Fai­r­we­at­her Hou­se, Sir Lo­wry­weg 176, Wood­stock. Bel 021 462 7573 met e­ni­ge navrae

De­tail in ’n on­ge­ti­tel­de kuns­werk van Jes­si­ca Web­ster.

Jes­si­ca Web­ster

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.