Blo­me­rus sing Gro­bler­ver­se

Beeld - - Kuns & Vermaak - Ma­ri­a­na Ma­lan

Die woor­de van die dig­ter Fran­cis Gro­bler in­spi­reer Ja­co Blo­me­rus tot mu­siek.

Toe haar jong­ste bun­del, Aard, ver­le­de jaar be­kend ge­stel is, het ’n CD daar­mee saam ver­skyn met toon­set­tings deur die san­gers Wyn­and en C­he­reé S­try­dom en Blo­me­rus.

Hy het nou sy lied­jies op hul eie in die Kar­tel­kring-al­bum ver­pak.

Hy ver­tel dat hy reeds ’n paar jaar ge­le­de die ge­dig­te ge­toon­set het, maar sy me­die­se stu­die het hom nog tot van­jaar van die ver­hoog af ge­hou. Hy­self sing en speel kla­vier en dan is daar Pe­trus de Beer (vi­ool), E­mi­le de Rou­baix (alt­vi­ool), An­ju­lie Nock (tjel­lo), Hi­lan­di du Toit (ki­taar), S­haun Jo­han­nes (bas­ki­taar) en Bar­ry van Zyl (trom­me).

C­lin­ton Zerf het ge­help met die ver­wer­kings.

In 2008 het hy by die KKNK ’n pro­gram met toon­set­tings aan­ge­bied: Son­der be­ge­lei­ding – Ja­co Blo­me­rus sing An­tjie Krog se eer­ste ge­dig­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.