W­hi­tey sê hy vlug nie land­uit nie

R1,8 mjd. laat mark skrik en prys daal

Beeld - - Sake - Nel­lie Brand­Jon­ker

Hy is nie kwaad vir S­hop­ri­te nie en hy vlug nie land­uit nie, het W­hi­tey Bas­son, voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof van die win­kel­groep, gis­ter ge­sê oor die S­hop­ri­te-aan­de­le van R1,8 mil­jard wat hy ver­koop.

“Dit is net om my eie be­lan­ge te di­ver­si­fi­seer. Ek het af­tree­ou­der­dom be­reik”

Die S­hop­ri­te-groep het Vry­dag aan­ge­kon­dig hy moet in­ge­vol­ge ’n diens­kon­trak met Bas­son 8,68 mil­joen aan­de­le van hom te­rug­koop.

Bas­son (70) se uit­tre­de as uit­voe­ren­de hoof ná am­per vier de­ka­des is in Ok­to­ber op die groep se jaar­ver­ga­de­ring aan­ge­kon­dig.

Hy is be­gin Ja­nu­a­rie deur Pie­ter En­gel­brecht (47), voor­ma­li­ge be­dryfs­hoof, op­ge­volg.

Bas­son is nog vol­tyds tot Sep­tem­ber in diens van S­hop­ri­te en dien tans as on­der­voor­sit­ter.

Die groep sê die aan­de­le moet van Bas­son te­rug­ge­koop word in­ge­vol­ge ’n diens­kon­trak wat in De­sem­ber 2003 met hom aan­ge­gaan is.

In­ge­vol­ge die oor­een­koms het Bas­son die op­sie om aan­de­le wat hy reg­streeks of on­reg­streeks hou aan S­hop­ri­te te ver­koop ter­wyl hy nog vir die groep werk. Die groep is ver­plig om dit dan te­rug te koop.

Bas­son het op 2 Mei vir S­hop­ri­te in ken­nis ge­stel dat hy die op­sie uit­oe­fen en dit het tot ge­volg dat die aan­de­le teen R211,01 per aan­deel te­rug­ge­koop moet word.

Die voor­stel moet op ’n al­ge­me­ne ver­ga­de­ring goed­ge­keur word.

“Ek het geen am­bi­sie om ’n groot seil­jag te koop of ’n twee­de vrou te kry of om die geld uit (die land) te skuif nie; ek het ’n klomp kin­ders en klein­kin­ders in die land,” het hy ge­lag oor die be­spie­ge­lings oor wat hy met dié reu­se­be­drag geld gaan maak.

Oor of hy iets spe­si­fieks met die geld be­plan, het hy ver­der ge­spot: “Ek gaan eers ag­ter­oor­sit en kyk hoe lyk ’n klomp kon­tant.”

Bas­son het ge­sê hy sal uit die aard van die saak el­ke jaar die hoe­veel­heid geld uit die land vat waar­op hy ge­reg­tig is. “Maar die i­dee is nie om die land te ver­laat of dit uit te vat nie.

“Daar is niks si­nis­ters hier­aan nie. Dit is glad nie ’n weer­spie­ë­ling van my sie­ning oor Suid-A­fri­ka nie. Ek is wel dalk nie so op­ti­mis­ties soos ek moet wees nie, maar ek het nog nie ’n be­ter plek ge­vind waar ek my kin­ders wil groot­maak en bly nie.”

Oor die sie­ning van se­ke­re be­leg­gers dat hy nie meer in S­hop­ri­te se lang­ter­myn­toe­koms glo nie om­dat hy so­veel aan­de­le ver­koop, het hy ge­sê die hui­di­ge be­stuur van die groep “doen uit­ste­ken­de werk, ek is baie trots op hul­le, hul­le doen be­ter as ek.

“Ek is hoe­ge­naamd nie kwaad vir S­hop­ri­te nie. Ek het van­dag nog op een van hul ver­ga­de­rings ge­sit.”

Bas­son het ge­sê hy het self vir En­gel­brecht as sy op­vol­ger

ge­kies.

Vol­gens hom het hy ge­kies om die aan­de­le op dié ma­nier te ver­koop om­dat men­se dink wan­neer ’n “en­tre­pre­neur wat ’n maat­skap­py help op­bou het” aan­de­le in die mark ver­koop iets s­naaks is aan die gang.

Oor die val in die aan­deel­prys se­dert die aan­kon­di­ging het hy ge­sê dis men­se wat sê: “W­hi­tey het ver­koop, nou moet ons ook ver­koop. ’n Mens be­lê nie ag­ter W­hi­tey aan nie; die be­sig­heid is in goeie han­de,” het hy ge­maan.

Aan die kri­ti­ci wat hul af­keer uit­spreek oor een per­soon wat so­veel geld ver­dien, het hy ge­sê hy het die geld be­lê en die aan­deel­prys het op­ge­gaan. “Ek het hard ge­werk daar­voor. Jy kan mos nie kwaad wees as ie­mand 100% wins maak op ’n huis nie?”

Vol­gens hom weet hy nie hoe­veel aan­de­le hy oor­hou nie. Hy het nog ses maat­skap­pye wat aan­de­le het.

Die aan­de­le wat te­rug­ge­koop gaan word, ver­teen­woor­dig 1,447% van die S­hop­ri­te-groep se uit­ge­reik­te aan­de­le.

Die S­hop­ri­te-groep het in sy aan­kon­di­ging ge­sê die aan­de­le word met be­staan­de bank­fa­si­li­tei­te te­rug­ge­koop en dit gaan sy ren­te met R144 mil­joen per jaar op­stoot.

Bas­son het ge­sê hul­le hoef nie ren­te te be­taal nie, hul­le kan die aan­de­le weer ver­koop.

Se­dert Don­der­dag se slui­tings­prys voor die aan­kon­di­ging het die aan­deel­prys in ’n sta­di­um am­per 4% ge­daal.

Her­man Lloyd, por­te­feul­je­be­stuur­der van FNB Se­ku­ri­tei­te, meen die ver­naam­ste re­de vir die da­ling in die prys is om­dat die mark ge­skrik het vir die groot­te van die tran­sak­sie. “Die mark dink dalk dat W­hi­tey nie veel ver­de­re groei in die be­sig­heid sien nie. Ek is per­soon­lik nie te be­kom­merd nie; men­se ver­koop om baie re­des.”

Si­mon Rau­ben­hei­mer, por­te­feul­je­be­stuur­der van Al­lan Gray, het ge­sê Bas­son ken die on­der­ne­ming be­ter as e­nig­ie­mand an­ders.

“Om R1,8 mil­jard se aan­de­le te ver­koop is nie ’n goeie te­ken nie, hoe ’n mens ook al daar­na kyk.

“Ek sal ver­baas wees as dit ook nie ten min­ste ge­deel­te­lik ’n uit­druk­king van sy ver­troue in Suid-A­fri­ka meer oor die al­ge­meen is nie.”

Rau­ben­hei­mer het ge­sê dit is ’n groot be­drag, maar dit is ’n ge­volg van die ont­sag­li­ke waar­de wat Bas­son oor baie ja­re toe­ge­voeg het.

Die be­drag aan­de­le wat deur die S­hop­ri­te-groep van Bas­son te­rug­ge­koop moet word, is so reus­ag­tig, dit sou am­per 60 dae neem om dit in die mark te ver­koop, het Cas­pa­rus T­reur­nicht, ’n por­te­feul­je­be­stuur­der van Gryphon Ba­te­be­stuur, be­re­ken.

“Dit lyk of aan­deel­hou­ers dit as bui­ten­spo­ri­ge ge­drag van Bas­son be­stem­pel.

“’n Meer ge­lei­de­li­ke uit­fa­se­ring van sy aan­deel­hou­ding sou meer ge­pas ge­wees het.”

W­hi­tey Bas­son, voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof van die be­ken­de win­kel­groep S­hop­ri­te, het ge­sê hy gaan nie land­uit vlug na­dat hy sy aan­de­le van R1,8 mil­jard in die groep ver­koop het nie. Fo­to: VER­SKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.