Moody’s se (sleg­te) nuus kom bin­ne we­ke

Beeld - - Sake - Han­lie S­tad­ler

Die kans is baie goed dat Moody’s In­ves­tors Ser­vi­ce, die laas­te kre­diet­gra­deer­der wat nog nie van­jaar sy oor­deel oor SuidA­fri­ka ge­vel het nie, die land se staat­skuld bin­ne we­ke sal af­gra­deer.

Pe­ter At­tard Mon­tal­to, ont­le­der van die be­leg­gings­bank Nomu­ra, sê hy het van­te­vo­re die ri­si­ko “on­der­speel”, maar glo nou dat Moody’s wel die land met een trap­pie sal af­gra­deer, en dít son­der ’n nu­we be­soek aan die land.

Die af­gra­de­ring gaan na ver­wag­ting net een vlak wees vir so­wel Suid-A­fri­ka se staat­skuld in rand as in bui­te­land­se geld­een­he­de (pond en dol­lar). Om­dat Moody’s die land nog op die twee­de laag­ste be­leg­gings­graad het, sal ’n gra­de­ring met een vlak nie by dié gra­deer­der die ge­vrees­de rom­mel­sta­tus mee­bring nie.

Mon­tal­to re­ken die af­gra­de­ring is reeds groot­liks in die rand in­ge­prys, hoe­wel daar dalk ’n kort­ter­myn­s­kom­me­ling kan wees as Moody’s se tyds­be­re­ke­ning men­se on­kant vang.

S­tan­dard & Poor’s Glo­bal Ra­tings (S&P) het Suid-A­fri­ka se bui­te­land­se skuld in A­pril tot rom­mel­sta­tus af­ge­gra­deer. S&P het ook rand­skuld af­ge­gra­deer, maar dit is nog een vlak bo nie­be­leg­gings­graad.

Fitch Ra­tings het ook in A­pril die land se staat­skuld (alle geld­een­he­de) af­ge­gra­deer tot net een vlak bo rom­mel­sta­tus.

Dié twee af­gra­de­rings bin­ne vyf dae het ge­kom na­dat pres. Ja­cob Zu­ma sy ka­bi­net ge­skom­mel het – ver­al om­dat hy Pra­vin Gord­han en M­ce­bi­si Jo­nas as on­der­skei­de­lik mi­nis­ter en ad­junk­mi­nis­ter van fi­nan­sies af­ge­dank het.

Mon­tal­to sê hul­le het van­te­vo­re ver­wag dat Moody’s SuidA­fri­ka ein­de Mei sou be­soek en dan teen mid­del Ju­nie sy be­sluit sou aan­kon­dig. Die be­soek word nou nie meer ver­wag nie en die aan­kon­di­ging sal dalk ver­vroeg word.

Moody’s se ka­len­der dui 3 Ju­lie as sy fi­na­le da­tum vir die be­sluit aan.

Mon­tal­to ver­wag be­ne­wens die af­gra­de­ring dat die voor­uit­sig vir die gra­de­ring ne­ga­tief sal bly, wat be­te­ken die ri­si­ko sal hoog bly dat die land la­ter selfs ver­der af­ge­gra­deer kan word.

S&P en Fitch se voor­uit­sig is ook ne­ga­tief.

Mon­tal­to ver­wag dat S&P Suid-A­fri­ka se rand­skuld van­jaar reeds tot rom­mel sal af­gra­deer, maar dalk nie voor sy vol­gen­de ge­ske­du­leer­de be­sluit op 2 Ju­nie nie.

Sy vol­gen­de be­sluit, op 24 No­vem­ber, kom ná Ma­lu­si Gi­ga­ba se eer­ste me­di­um­ter­myn­be­gro­tings­raam­werk in Ok­to­ber. Hy het Gord­han as mi­nis­ter van fi­nan­sies ver­vang.

Mon­tal­to sê dit was op die Wê­reld E­ko­no­mie­se Fo­rum se A­fri­ka­be­raad in Dur­ban ver­le­de week baie dui­de­lik dat die re­ge­ring be­leg­gers pro­beer paai.

Maat­skap­py­hoof­de is eg­ter “baie pes­si­mis­ties” oor be­leg­gings in Suid-A­fri­ka. Daar­teen­oor is daar ge­wel­dig baie op­ti­mis­me oor be­leg­gings in die res van A­fri­ka, ver­al R­wan­da, E­thi­o­pië en die I­voor­kus, “waar sa­ke­lui en die re­ge­ring suk­ses­vol­le ven­noot­skap­pe vorm”.

Die ver­hou­ding tus­sen sa­ke­lui en die re­ge­ring in Suid-A­fri­ka word as al hoe meer ge­span­ne be­skryf.

Mon­tal­to is in dié sta­di­um ver­ras­send op­ti­mis­ties oor Zu­ma se ka­bi­net­s­kom­me­ling – hy re­ken dit het eint­lik van die ver­de­ling ver­min­der. “Die ka­bi­net kan nou laag lê en met sy dag­taak voort­gaan, nie te veel ge­raas skep deur on­no­di­ge hof­sa­ke nie en die wet­li­ke pro­ses volg om sleu­tel­be­leid soos kern­krag deur te voer.”

Hy ver­wys na on­der meer die nu­we mi­nis­ter van e­ner­gie, M­ma­mo­lo­ko Ku­bayi, se steun van kern­krag, maar ook die klem wat ge­lê word op die kor­rek­te pro­ses van o­pen­ba­re deel­na­me.

Die ka­bi­net kan nou laag lê en met sy dag­taak voort­gaan, nie te veel ge­raas skep deur on­no­di­ge hof­sa­ke nie en die wet­li­ke pro­ses volg om sleu­tel­be­leid soos kern­krag deur te voer.

E­we­n­eens neem Gi­ga­ba stand­punt in teen die on­wet­ti­ge op­tre­de deur die staats­be­heer­de wa­pen­fir­ma De­nel met be­trek­king tot die Gup­ta-fir­ma VR La­ser.

Fi­ki­le M­ba­lu­la, nu­we mi­nis­ter van po­li­sie, gaan ook nie ap­pel­leer teen die skor­sing van Ber­ning Nt­le­me­za as hoof van die Val­ke nie.

“Een­vou­dig ge­stel, word die aan­dag nou her­fo­kus op De­sem­ber, eer­der as om ‘ver­lo­re’ te raak in die ge­mors van hof­sa­ke en ge­paard­gaan­de me­dia-aan­dag.”

Die ANC hou in De­sem­ber sy lei­ers­kon­fe­ren­sie.

Nomu­ra re­ken daar is ’n 60%-kans dat N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma die nu­we ANC-lei­er sal word, maar din­ge be­hoort ná die be­leids­kon­fe­ren­sie (30 Ju­nie tot 5 Ju­lie) dui­de­li­ker te word.

Adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa se steun het wel die laas­te we­ke “mo­men­tum ge­kry”, maar Mon­tal­to re­ken hy het nie die­self­de steun nie en sy veld­tog het ook nie so­veel fi­nan­sie­ring en ad­vi­seurs nie.

Mon­tal­to sê dit het ook by die WEF se kon­fe­ren­sie in Dur­ban dui­de­lik ge­word dat die ver­wy­de­ring van Zu­ma nie meer as ’n won­der­kuur vir die e­ko­no­mie ge­sien word nie.

— PE­TER AT­TARD MON­TAL­TO, ONT­LE­DER VAN DIE BE­LEG­GINGS­BANK, NOMU­RA

Die in­ter­na­si­o­na­le kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap Moody’s is glo reg om sy uit­spraak oor Suid­A­fri­ka se skuld­gra­de­ring te le­wer. Fo­to: VER­SKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.