Trans­for­ma­sie in SA werk­plek steeds te laag, sê mi­nis­ter ná ver­slag

Beeld - - Sake - – Niel Jou­bert

Die pas van trans­for­ma­sie in die Suid­A­fri­kaan­se werk­plek vor­der, maar wit mans oor­heers steeds die werks­mag, ver­al op top­ en se­ni­or be­stuurs­vlak.

Die re­ge­ring bla­meer groot maat­skap­pye “wat wet­ge­wing ig­no­reer”, ter­wyl die DA sê dit is die re­ge­ring wat mis­luk.

Die jaar­lik­se ver­slag oor diens­bil­lik­heid in Suid­A­fri­ka is gis­ter uit­ge­reik en wys dat wit men­se 68,5% van top­be­stuurs­vlak op­neem en swart men­se 14,4%. Mans vul am­per 80% van die pos­te.

Op se­ni­or be­stuurs­vlak vul wit men­se 58,1% van pos­te, ge­volg deur swart men­se (22,1%). Mans oor­heers ook hier en vul am­per 67% van die pos­te op hier­die vlak.

Mild­red O­lip­hant, mi­nis­ter van ar­beid, sê die ver­slag weer­spie­ël ’n “pyn­vol sta­di­ge pas van trans­for­ma­sie”. “Swart men­se, vroue en men­se met ge­stremd­he­de bly erns­tig on­der­ver­teen­woor­dig in alle as­pek­te van bil­li­ke in­diens­ne­ming.”

Vol­gens O­lip­hant is daar in groot maat­skap­pye nie ’n ap­tyt vir trans­for­ma­sie nie. “Dit is kom­mer­wek­kend dat daar net te veel maat­skap­pye is wat op die JSE ge­no­teer is en wat die wet heel­te­mal ig­no­reer,” sê sy.

Ian Ol­lis, DA­LP, sê eg­ter hoe­wel die ver­slag voor­uit­gang wys om die werk­plek te di­ver­si­fi­seer, “be­klem­toon dit meest­al die re­ge­ring se mis­luk­king om ’n sterk vaar­dig­heids­grond­slag te skep om die top­be­stuurs­pos­te in ons land te di­ver­si­fi­seer.

“Dit is dui­de­lik die sta­di­ge pas van ver­an­de­ring is weens die ANC se blin­de ob­ses­sie met kwo­tas van bo af en die af­ske­ping van wa­re vaar­dig­heids­ont­wik­ke­ling.”

Hy sê as vaar­dig­heids­ont­wik­ke­ling ge­pri­o­ri­ti­seer was, sou daar baie meer trans­for­ma­sie op die boon­ste vlak­ke van be­roe­pe ge­wees het.

“Die tra­gie­se werk­lik­heid is dat pres. Ja­cob Zu­ma en sy re­ge­ring meer be­lang­stel in self­ver­ry­king vir vrien­de, fa­mi­lie en ka­me­ra­de as om jong, swart Suid­A­fri­ka­ners te bemagtig,” sê hy.

Mild­red O­lip­hant

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.