Eier­pry­se kan styg weens groot te­kort

Beeld - - Sake -

’n Te­kort aan ei­ers ná ’n moei­li­ke jaar vir ei­er­pro­du­sen­te kan die prys met tus­sen 7% en 8% laat styg.

Dr. C­har­lot­te N­ku­na, ’n se­ni­or amp­te­naar van die SA Pluim­vee­ver­e­ni­ging (SAPV), sê in ’n ver­kla­ring voer­pry­se het tus­sen Ja­nu­a­rie en Au­gus­tus ver­le­de jaar met min­stens R1 000 per ton ge­styg – en dit het nog­al baie met die prys van ei­ers uit te waai.

Dit het ge­kom net toe eier­pry­se weens ’n sur­plus aan­sien­lik ge­daal het. Dus kon pro­du­sen­te nie e­ni­ge ver­lies weens die ho­ër voer­kos­te ver­haal nie.

Weens hier­die te­rug­slag het heel­par­ty klein­skaal­se boe­re – wat met tus­sen 5 000 en 40 000 hen­ne boer – die mark ver­laat.

Weens hier­die moei­li­ke om­stan­dig­he­de het som­mi­ge van die boe­re hul hen­ne vroe­ër ge­slag as wat ge­woon­lik die ge­val was. In 2016 was 71,8 we­ke die ge­mid­del­de ou­der­dom waar­op die hen­ne ge­slag is teen­oor 2015 se 74,8 we­ke. Dit het tot ’n ei­er­te­kort in die mark ge­lei.

Vol­gens Ko­bie Fourie, ei­e­naar van die Mô­re­son­pluim­vee­boer­de­ry bui­te Brand­fort, on­der­vind die be­dryf tans in­der­daad ’n ge­wel­di­ge te­kort.

“Feit­lik alle be­lang­heb­ben­des in die be­dryf word hier­deur ge­raak.”

N­ku­na wys daar­op dat kom­mer­si­ë­le ei­er­pro­du­sen­te ook nie be­stand is teen die kos­te­druk wat deur die braai­hoen­der­be­dryf on­der­vind word nie.

“Weens die ui­ters lae wins­mar­ges kon ’n aan­tal pro­du­sen­te nie lê­hen­ne aan die ein­de van hul pro­duk­tie­we si­klus ver­vang nie, of hul­le moes die hen­ne een­vou­dig vroe­ër slag vir kon­tant­vloei om hul kre­di­teu­re te kan be­taal.”

Dié af­na­me in die aan­tal pro­duk­tie­we hen­ne en die aan­tal ei­ers wat hul­le lê, het nou tot ’n te­kort aan ei­ers ge­lei.

“Die te­kort kom juis op die tyd­stip dat die vraag na ei­ers ver­hoog het om­dat an­der bron­ne van die­re­pro­te­ïen duur­der ge­word het en meer ver­brui­kers na ei­ers – die goed­koop­ste bron van die­re­pro­te­ïen – oor­ge­ska­kel het.”

Ver­brui­kers kan ver­wag dat die hui­di­ge te­kort waar­skyn­lik tot in die laas­te maan­de van die jaar sal duur, sê N­ku­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.